Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sanparke soek interdik teen man wat glo bergwater verkoop

Sanparke het ’n aansoek om ’n interdik ingedien teen ’n man in Constantia wat na bewering water van ’n bergstroom in die Tafelberg Nasionale Park verkoop.

Sanparke se kenteken. Foto: Sanparke
Sanparke het aansoek om ’n interdik gedoen teen ’n man wat glo water uit ’n bergstroom aan Constantia se kant van die Tafelberg Nasionale Park onttrek en verkoop. Foto: Argief

Die interdikaansoek sal na verwagting op 29 April in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word. Sanparke voer aan dat die man die park onwettig betree en water onttrek het.

“Die kwessie is onder ons aandag gebring deur besorgde inwoners, wat dokumente as bewys verskaf het. Sanparke het ondersoek ingestel en pype in die park ontdek, wat deel van die regstappe uitmaak,” lui ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is.

As gevolg van die hofaansoek sê Sanparke hy kan nie verder kommentaar oor dié saak lewer nie.

Intussen is beamptes beveel om seker te maak dat geen onwettige verbindings aan die stroom gemaak word nie.

Ontstelde inwoners het aan News24 gesê dat, tydens die ergste droogte, vragmotors by die man se huis in Rhodes-rylaan opgedaag het om tenks te hervul. Dié water is glo grootliks gebruik om private swembaddens te vul.

Die man het egter aan News24 gesê die departement van water en sanitasie bestuur oppervlakwater en nie Sanparke nie.

Hy het aangedui dat hy toegelaat word om die water te verkoop solank dit nie vir drink- en nywerheidsdoeleindes is nie en onder 2 miljoen liter per jaar is.

Sekere huise in dié deel van Constantia gebruik al van die 1950’s af bergwater en het pype wat van die stroom af loop.

Meer oor:  Sanparke  |  Kaapstad  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.