Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sanparke trek 13 stropers vas
Foto ter illustrasie. Foto: PIxabay

Personeel van die Tafelberg Nasionale Park het die afgelope week 13 stropers aangekeer, het Sanparke Dinsdag in ’n verklaring bekend gemaak.

In die eerste voorval Donderdag in die Kommetjie-gebied is vyf mense in hegtenis geneem ná ’n gesamentlike operasie tussen die park se veldwagters en wetstoepassingsbeamptes van Kaapstad. Daar is beslag gelê op 13 perlemoene, 10 Weskus-rotskrewe en duiktoerusting.

In die tweede voorval Vrydag is drie mense in die Houtbaai-gebied in hegtenis geneem tydens ’n gesamentlike misdaadvoorkomingsoperasie tussen die polisie se seegrens- en duikeenheid en Sanparke se omgewingsmisdaadondersoekeenheid. Daar is beslag gelê op 86 perlemoene en duiktoerusting.

Saterdag het veldwagters van die park en Sanparke se omgewingsmisdaadondersoekeenheid nog vyf mense in hegtenis geneem by Platboom, noord van Cape of Good Hope-straat. Hulle het 38 perlemoene by hulle gehad.

Frans van Rooyen, parkbestuurder, het mense in die omgewing gevra om Sanparke te help om misdaad in en om die park te beveg.

Almal wat vasgetrek is, is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek. Hulle sal binnekort in die hof verskyn, luidens die verklaring.

Meer oor:  Kommetjie  |  Tafelberg Nasionale Park  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.