Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sasol stort g’n gifstowwe in Vaalrivier, sê sy inspekteurs

Sasol se eie omgewingsinspekteurs het sy Benfield-aanleg by Secunda besoek en kon niks verkeerd vind nie.

Dit was Donderdag die reaksie van die petroleumreus nadat een van sy werknemers voor die Menseregtekommissie (MRK) getuig het dat Sasol na bewering gereeld gevaarlike chemikalieë in die sytakke van die Vaalrivier stort.

Ian Erasmus, voorheen ’n proseskontroleur by die Benfield-aanleg, het getuig die groot hoeveelhede vanadium en kaliumkarbonaat wat vermoedelik steeds vanaf dié aanleg in die natuurlike omgewing beland, kwel hom baie.

Alex Anderson, woordvoer- der van Sasol, sê omgewingsinspekteurs besoek Sasol se operasies deurentyd. Hy sê hulle gaan die MRK nader om bandopnames te kry van Erasmus se getuienis.

“Die beskuldigings wat voor die MRK gemaak is, is feitelik verkeerd.”

In die lig van die aard van ons werksaamhede en die geassosieerde impak daarvan, is ons deeglik bewus van ons plig tot verantwoordelike omgewingsbestuur.

Anderson erken dat sowel vanadium as kaliumkarbonaat gevaarlike chemikalieë is, maar sê streng voorkomingsmaatreeëls is in werking gestel om te sorg dat dit nie in die natuurlike omgewing beland nie.

Die stelsel is geslote en daarom kan die water nie in die Vaalrivierstelsel beland nie.

Boonop kan net die opsiener wat in spesifieke skofte werk die kleppe oopmaak.

Al die water wat in Sasol Secunda se belynde damme afloop, word hergebruik.

“In die lig van die aard van ons werksaamhede en die geassosieerde impak daarvan, is ons deeglik bewus van ons plig tot verantwoordelike omgewingsbestuur.”

Hy sê Sasol bly verbind tot omgewingswette. “Ons respekteer die omgewingsowerhede se mandaat om toe te sien dat ons alle wetgewing nakom. Ons werk nou saam met die inspekteurs.”

In Sasol se gedragskode word duidelik voorsiening gemaak vir etiese optrede.

Die Secunda-aanleg in Mpumalanga mag ingevolge sy watergebruikslisensie behandelde afloopwater in die Watervalrivier in die Vaalrivier se opvangsgebied stort, sê Anderson in ’n verklaring.

Sasol het geeneen van sy werknemers die reg gegee om voor die MRK sulke getuienis te lewer nie. Sasol is ook nie van die voortsetting van die verhore in kennis gestel nie.

Sasol se watergebruikslisensie vir sy aanleg in Sasolburg maak voorsiening vir die storting van behandelde afloopwater in die Vaalrivier.

Anderson sê Sasol ondersteun die MRK se werk, maar meen die korrekte prosedure is moontlik nie in hierdie geval gevolg nie.

Hy hoop die MRK sal regverdig wees en Sasol se kant van die saak in ag neem voordat ’n bevinding gemaak word.

“Sasol het geeneen van sy werknemers die reg gegee om voor die MRK sulke getuienis te lewer nie. Sasol is ook nie van die voortsetting van die verhore in kennis gestel nie.”

’n Werknemer van Sasol het glo toevallig daarvan te hore gekom en Woensdag se verhoor as ’n waarnemer bygewoon, sê Anderson.

Sasol verwelkom die toenemende klem wat geplaas word op verantwoordelike omgewingsbestuur.

Sasol moedig ook sy werknemers aan om sonder vrees uit te praat as hulle enige onwettige of onetiese optrede by Sasol se aanlegte sien plaasvind, lui Anderson se verklaring.

Meer oor:  Sasol  |  Vaalrivier  |  Secunda  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.