Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sê jou sê oor wildtuin se bestuursplan
Die Krugerwildtuin wil met meer gemeenskappe skakel oor sy bestuursplan. Foto: Alet Joubert

Stedelinge kry van 17 Mei die geleentheid om insette te gee oor die bestuursplan vir die Krugerwildtuin. Vergaderings word in Durban, Kaapstad, Gauteng en Mpumalanga gehou.

“Die doel is om die oorlegplegingsproses te verbreed,” sê William Mabasa, woordvoerder van Sanparke.

“Dit is ook ’n vereiste van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur van Bewaarde Gebiede (Wet 57 van 2003) dat dié gebiede bestuursplanne moet hê wat elke tien jaar hersien word.

Ons wil dié keer soveel moontlik mense insluit, daarom besoek ons meer provinsies
Sanparke

“Die eerste bestuursplan is in 2008 goedgekeur, maar die oorlegplegingsproses was beperk, omdat dit hoofsaaklik in Limpopo en Mpumalanga gehou is,” sê Glenn Phillips, uitvoerende bestuurshoof van die wildtuin.

“Ons wil dié keer soveel moontlik mense insluit, daarom besoek ons meer provinsies sodat hul insette ingesluit kan word vir die bestuursbeleid van die volgende tien jaar.”

Belangstellendes wat nié die vergaderings kan bywoon nie, kan hulle as rolspelers registreer en hul insette lewer op Sanparke se webtuiste of bel Dudu Letswele tydens kantoorure by 013 735 4102. Die e-posadres vir navrae is knpmanagementplan@sanparks.org

Die vergaderings sal as volg gehou word:

Woensdag 17 Mei

Durban: Royal Hotel om 09:00

Woensdag 24 Mei

Kaapstad: Strand Tower Hotel om 09:00

Donderdag 25 Mei

Pretoria: Manhattan Hotel om 09:00

Vrydag 26 Mei

Kempton Park: Aviator Hotel om 08:00

Saterdag 27 Mei

Witrivier: Ingwenyama Lodge om 09:00

Meer oor:  Wildtuin  |  Vergaderings  |  Oor  |  Jou  | 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.