Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Seeperdjies spoel uit ná swaar reën

Mense word gevra om op die uitkyk te wees vir lewende Knysna-seeperdjies wat ná die naweek se swaar reën en hoë deinings op Plettenbergbaai se strande in die Suid-Kaap uitspoel.

’n Knysna-seeperdjie. Foto: Verskaf

Die seeperdjie (Hippocampus capensis) kom hoofsaaklik in die Knysna-strandmeer voor, met kleiner getalle in die Keurboomsrivier naby Plettenbergbaai en Swartvlei naby Sedgefield.

Die Knysna Basin Project, ’n onafhanklike wetenskaplike nieregeringsorganisasie, sê hy is ingelig dat talle Knysna-seeperdjies ná die reën op strande op Plettenbergbaai uitgespoel het.

Die organisasie sê dit is ’n natuurlike verskynsel wanneer seeperdjies in ’n kleiner riviermonding aan vloede blootgestel word.

Mense wat op lewende seeperdjies afkom, word gevra om hulle so gou moontlik weer in die Keurboomsriviermonding vry te laat. Die seeperdjies moet ook so min moontlik gehanteer word.

Indien mense wel seeperdjies sien, word hulle gevra om dié inligting te deel omdat dit help om data in te samel oor wat tydens so ’n vloed gebeur.

Stuur ’n e-pos na kyss.louw@gmail.com of ’n WhatsApp-boodskap na 082 928 9391, of besoek die Facebook-blad.

Die Knysna-seeperdjie is op die lys van bedreigde spesies van die Wêreldbewaringsunie (IUCN). As gevolg van hul beperkte verspreiding is hulle een van die mees bedreigde seeperdjies ter wêreld. Dit is die enigste soort seeperdjie wat slegs in riviermondings voorkom.

Meer oor:  Knysna Basin Project  |  Knysna  |  Plettenbergbaai  |  Uitgespoel  |  Seeperdjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.