Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Seeskilpaaie spoel op strande uit

Die publiek word gevra om op die uitkyk te wees vir seeskilpaaie wat aan die Mosselbaaise kusgebied uitspoel. Twee groen seeskilpaaie is onlangs vrygelaat nadat hulle op strande daar uitgespoel het. Albei van hulle het mikroskyfies gekry sodat hul bewegings gemonitor kan word.

Tersia Marais van Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart), ’n organisasie wat hom beywer vir die red en bewaring van seediere, sê in ’n verklaring die publiek word gevra om alle seeskilpaaie, groot of klein, op strande by die organisasie aan te meld.

Ruth Wright, ’n kurator van die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth, met ’n groen seeskilpad wat onlangs op Hartenbos se hoofstrand, in Mosselbaai se munisipale gebied, vrygelaat is. Foto: Marietjie Brummer

“Die seeskilpaaie word gerehabiliteer en weer vrygelaat,” sê sy.

Een van die twee groen seeskilpaaie is op Hartenbos se hoofstrand vrygelaat. Die grootste een is Vlesie gedoop nadat dié in Oktober 2017 by Vleesbaai deur ’n lid van die publiek op die strand gevind is.

Volgens Marais was die rede vir die strandings plastiese materiaal in die skilpaaie se maag. Dit veroorsaak dat hulle dryf en nie normaal kan eet nie.

Ná ’n maand se rehabilitasie by dr. Frans de Graaff, ’n veearts van Hartenbos, is Vlesie na die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth geneem om verder aan te sterk. Die skilpad is toe weer teruggebring Mosselbaai toe om vrygelaat te word.

Vlesie is sowat vyf jaar oud. Die ander groen seeskilpad van sowat twee jaar oud is deur ’n Smart-vrywilliger by Nautilus op die strand gevind. Sy sê die skilpaaie se geslag sal eers vasgestel kan word as hulle ouer is.

  • Mense kan seeskilpaaie op strande by Smart aanmeld deur 072 227 4715 te bel, of die Dias-museum by 044 691 1067.
Meer oor:  Mosselbaai  |  Omgewing  |  Seeskilpad  |  Strande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.