Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sikloon Kenneth tref Mosambiek

Die tropiese sikloon Kenneth het die Mosambiekse noordkus Donderdagaand getref.

Hoewel dit al begin verswak, word winde van tot 200 km/u verwag. Dit is sterk genoeg om geboue om te waai, berig die BBC.

Swaar reën word ook die volgende paar dae verwag wat weer tot vloede en modderstortings kan lei.

Verskeie vlugte is gekanselleer en skole gesluit in afwagting van die sikloon.

Daar word gevrees Kenneth kan ’n verdere humanitêre katastrofe veroorsaak terwyl Mosambiek steeds steier onder die gevolge van verlede maand se sikloon Idai, wat ook Malawi en Tanzanië getref het.

Meer as 900 mense is dood en minstens drie miljoen mense het humanitêre bystand benodig.

Gemeenskappe in die noorde van Mosambiek en Mtwara in die suide van Tanzanië is gewaarsku om skuiling in hoër gebiede te soek.

Minstens drie mense is dood toe Kenneth Woensdagaand die Comoro-eilande getref het.

Die Mosambiekse instituut vir rampbestuur het duisende mense aan sekere gebiede ontruim en na skuiling geneem, berig CNN.

Nasa het gewaarsku inwoners aan die grens van Mosambiek en Tanzanië moet voorbereidings tref vir storms langs die kus, swaar reënval en orkaansterkte winde. Daar word egter nie verwag dat Kenneth so vernietigend soos Idai sal wees nie.

Kenneth is die eerste tropiese sikloon van orkaansterkte wat die noordelike deel van Mosambiek tref sedert moderne rekordhouding 60 jaar gelede in dié land begin het, berug accuweather.com.

Riviere sal maklik in vloed gaan omdat hulle reeds vol is. Dít en modderstortings kan die werk van reddingspanne bemoeilik.

Felix Dlangamandla, Netwerk24 se fotograaf, was onlangs in Mosambiek om die omvang van die skade van die sikloon Idai af te neem. Foto: Felix Dlangamandla

Meer oor:  Mosambiek  |  Malawi  |  Sikloon Kenneth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.