Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sit moratorium op jag – 2 groepe
Aaron Raby

Twee bewaringsorganisasies het Donderdag ’n ope brief aan die regering en Sanparke geskryf en gevra om ’n moratorium op die jag van wild wat uit die Krugerwildtuin na aangrensende reservate beweeg.

Ban Animal Trading (Bat) en die EMS-stigting se brief volg op ’n voorval in Desember toe ’n Amerikaner ’n jong olifantbul in die Balule-natuurreservaat langs die wildtuin geskiet het.

Die jagter, Aaron Raby van Kalifornië, het glo vyf skote afgevuur voordat die olifant dood is.

People for the Ethical Treatment of Animals (Peta) het video’s van die voorval op sy webwerf geplaas en dit ook aan sy meer as 1 miljoen volgelinge getwiet.

Die brief is gerig aan Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van Sanparke, en Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme.

Michelle Pickover, direkteur van die EMS-stigting, vra daarin dat die ooreenkoms, of jagprotokol, wat tussen die Krugerwildtuin en die vereniging van private natuurreservate (APNR) geld, dringend hersien word. ’n Moratorium moet ook op alle jag geplaas word tot ná die hersiening.

Die jagter, Aaron Raby van Kalifornië, het glo vyf skote afgevuur voordat die olifant dood is.

EMS en Bat vra ook dat die ondersoek deur “onafhanklike kundiges gedoen word, verkieslik deur olifantspesialiste”. Ander belanghebbendes moet deel van die ondersoekspan uitmaak.

Die brief is ook gestuur aan lede­ van die portefeuljekomitee oor omgewingsake; Limpopo se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme; Jared Goodman, vise-president en regsverteenwoordiger van Peta; en na sen. Henry Stern van die Amerikaanse senaat.

Pickover skryf diere wat in die wildtuin beskerm word, word dikwels geskiet wanneer hulle oorbeweeg na van die private natuurreservate. Dié reservate steek die opbrengs in hul eie sak.

Die jagtog wat op 5 Desember plaasgevind het, was “duidelik ’n oortreding van die Dierebeskermingswet.

“Daar is genoeg bewyse dat dit nie ’n etiese jagtog was nie.”

Dit wil voorts voorkom of daar nie ’n regeringsamptenaar teenwoordig was ten tyde van die jagtog nie. Ingevolge die protokol is dit ’n vereiste, skryf Pickover.

Volgens haar is daar die laaste paar jaar verskeie omstrede jagtogte in die APNR-gebied onderneem, waaronder leeus en olifante wat onder verdagte omstandighede geskiet is. Bewarings­organisasies sukkel meestal om inligting oor dié jagtogte te kry.

Meer oor:  Sanparke  |  Krugerwildtuin  |  Jagters  |  Wildbewaring  |  Jag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.