Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Skaars wrakvis was dalk ouer as 80 jaar

’n Wrakvis wat onlangs in Doringbaai aan die Wes-Kus gevang is, kon tussen 60 en 80 jaar oud of ouer gewees het.

Dr. Stephen Lamberth, kenner verbonde aan die departement van landbou, bosbou en visserye, het by navraag gesê visserye is in kennis gestel nadat die vis aan wal gebring is. Daar is op die wrakvis (Polyprion americanus) beslag gelê vir bevestiging en disseksie.

Vissers in Doringbaai het dié wrakvis (Polyprion americanus) gevang en aan wal gebring. Kenners meen hy was tussen 60 en 80 jaar oud of ouer.Foto: Verskaf

Lamberth sê dit is moeilik om net op grond van die foto te sê, maar dit lyk of die vis sowat 1,8 m lank en sowat 100 kg swaar sou wees. Dit is moontlik dat hy ouer as 80 jaar was.

Dié visse is eers volwasse teen tien tot 15 jaar, wanneer hulle sowat 90 cm lank is, en eers dan kan hulle voortplant.

Dié visse se bevolkings word wêreldwyd uitgebuit sodra hulle ontdek word en dit stort dan meestal ineen. Die vis is gelys as byna bedreig. In Suid-Afrika is dit volgens wetgewing gelys as ’n verbode spesie en ’n mens mag dit nie doelbewus vang, aan wal bring indien dit gebeur nie, dit hou of verkoop nie.

Die visse kan tussen 40 m en so diep as 600 m diep voorkom, maar gewoonlik is dit tusen 100 m en 200 m, sê Lamberth.

Die betrokke vis is deur ’n lynvisser gevang en toe aan wal gebring, maar hy het glo nie geweet wat dit is nie. Daar is besluit om nie teen hom op te tree nie, omdat hy onbewus van die vis se status was.

Elaine Heemstra van die Suid-Afrikaanse Instituut van Akwatiese Biodiversiteit in Grahamstad, sê die visse leef aanvanklik in die oop water. Maar sodra hulle langer as ’n halwe meter is, leef hulle op of naby die seebodem. Sy sê hulle eet ander visse, skaaldiere en koppotige diere.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.