Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Skade bepaal ná kitsvloede in Oudtshoorn

Die Oudtshoorn-munisipaliteit is besig om vas te stel wat die skade is wat kitsvloede Woensdag in die gebied veroorsaak het.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër ’n waarskuwing vir Dinsdag vir donderbuie en moontlike kitsvloede oor die gebied uitgereik.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit sê die skade is weens swaar reënval en dat munisipale nooddiensbeamptes Donderdag aandag gee aan ’n klomp klagtes wat hulle gekry het.

Rosevalley, Toekomsrus, Dysselsdorp en GG Camp is die ergste geraak.

Swaar reën Woensdag in Oudtshoorn. Foto: Verskaf

Altesaam 16 huise het vloedskade opgedoen en ’n paar huise se dakke het afgewaai, sê die munisipaliteit in ’n verklaring. Boumateriaal is verskaf en van die gesinne is tydelik in die Bongolethu-gemeenskapsaal gehuisves. Komberse is ook uitgedeel.

Kragonderbrekings het in die groter Oudtshoorn voorgekom, veral in die gebied van die Kango-grotte en Schoemanshoek.

Die kragtoevoer is herstel en elektrisiëns gee nog aandag aan sporadiese klagtes oor kragonderbrekings.

Volgens die munisipaliteit het sy tegniese dienste 21 mm in Oudtshoorn se dorpsgebied gemeet en 15 mm in die Raubenheimerdam se opvangsgebied.

Meiringspoort is oop vir verkeer.

Noodgevalle kan by 044 203 7800 aangemeld word. Die Raubenheimerdam is 42,92% vol en die (kleiner) Melvilledam 100%.

Volgens ’n plasing op die Facebook-groep Reënval in SA het dit Donderdag nog saggies in Oudtshoorn gereën. Sonniger weer word vir die naweek voorspel.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kitsvloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.