Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Skaliegas: Myngroep mag lugopnames op KZN-plase doen

Rhino Oil and Gas, ’n Amerikaanse maatskappy wat op meer as 2 miljoen ha se landbougrond in die noorde van KwaZulu-Natal (KZN) vir skalie- en aardgas wil prospekteer, het sy appèlsaak gewen teen Normandien Farms, die plaaseienaar wat langer as ’n jaar teen dié proses vasgeskop het.

Normandien het duisende hektaar plantasies en verskaf water aan maatskappye wat bronwater bottel.

Die appèlhof het Vrydag ’n bevel van die hooggeregshof, wat vroeër ten gunste van Normandien bevind het om te keer dat die petroleumreus gas op sy plase soek, tersyde gestel.

Dit beteken Rhino Oil and Gas mag nou voortgaan om lugopnames van moontlike gas- en oliereserwes op etlike duisende plase in KZN te doen met die oog op die ontginning daarvan.

Luidens hofdokumente het Rhino Oil and Gas belanghebbendes in Februarie 2015 daarvan in kennis gestel dat hy van plan is om by die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (Pasa) aansoek te doen om vir olie en gas op miljoene hektaar landbougrond in KwaZulu-Natal en die noordoostelike dele van die Vrystaat vir skalie- of aardgas te prospekteer.

Op 31 Augustus 2016 het Pasa Rhino Oil and Gas se voorimpakstudie aanvaar. Nadat Rhino Oil and Gas dié studies afgehandel het, het die petroleumreus belanghebbendes daarvan in kennis gestel dat hy nou lugopnames op die geteikende plase wil doen om vas te stel of daar wel gas en oliereserwes op die grond is voordat hy met volskaalse prospektering voortgaan.

Rhino Oil and Gas se pogings om lugopnames in die noorde van KZN te doen is vroeg in 2017 gestaak toe Normandien Rhino hof toe gesleep het weens beweerde tegniese onreëlmatig­hede.

Normandien het aangevoer dié onreëlmatighede het voort-gespruit uit Rhino Oil and Gas se aansoek aan Pasa.

Normandien se regsverteenwoordigers het aangevoer Rhino moet die proses van voor af begin omdat dié bosboumaatskappy nie behoorlik gekonsulteer is nie.

In die lig van klimaatsverandering kan ons dit nie bekostig dat nog fossielbrandstowwe gemyn word nie.

Die appèlhof het bevind Normandien moes alle interne prosesse tot sy beskikking uitgeput het voordat hy die hooggeregshof genader het.

Luidens dokumente wat Rhino by die hof ingedien het, was dié maatskappy “in dié stadium” nie van plan om Normandien se plase te betree nie en wou die maatskappy net lugopnames doen.

Die appèlregters het bevind die proses het Normandien duidelik tot dusver geensins benadeel nie. Normandien het die hooggeregshof te vroeg genader, veral in die lig van die feit dat die owerheid nog geen beslissing ten gunste van Rhino Oil and Gas se beoogde projek gemaak het nie, sê die regters.

Sunday Times het Sondag berig Normandien het aangevoer as Rhino ’n lisensie kry om gas te ontgin, die maatskappy die proses van hidrobreking sal gebruik omdat dit die maklikste manier is om by die bron uit te kom.

skaliegas, KZN, Rhino Oil and Gas
Foto: https://frackfreesa.org.za

Bobby Peek, direkteur van die nieregeringsorganisasie groundWork, sê in sy reaksie op die uitspraak Normandien het dalk te vroeg met die regsproses begin, maar die burgerlike samelewing sal in elk geval baie gou moet vasskop teen olie- of gasontginning op land en op see.

Hy voorspel dat die land in die toekoms baie meer sulke aansoeke sal sien nadat Gwede Manta­she as minister van minerale bronne en energie aangestel is.

Volgens hom sal elke Suid-Afrikaner daarteen in opstand moet kom en dat mense nie net op nieregeringsorganisasies moet staatmaak om teen aansoeke om steenkoolmyne, olie- en gasontginning te veg nie.

“In die lig van klimaatsverandering kan ons dit nie bekostig dat nog fossielbrandstowwe gemyn word nie,” sê hy.

Normandien was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Philip Steyn, uitvoerende hoof van Rhino Oil and Gas, het Dinsdag nie Netwerk24 se oproepe beantwoord nie.

Meer oor:  Kwazulu-Natal (Kzn)  |  Skaliegas  |  Bewaring  |  Aardgas  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.