Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Slik besoedel spruit ná deel van dam ingee

’n Potensiële omgewingsramp speel hom by die ou Grootvlei­myn buite Springs af nadat ’n deel van ’n verlate mynhoop meegegee en die besoedelde slik in die Blesbokspruit beland het.

Matthew Havinga staan hier aan die voet van die slikdam waarvan ’n deel ingegee het. Foto: Philip de Jager

Mariette Liefferink, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FVO), het gister gesê sy het ’n beroep op die departement van water en sanitasie en dié van minerale bronne gedoen om dringend ondersoek in te stel na die oorsaak van die ineenstorting van die een kant van die slikdam.

Die slik wat van dié hoop afstort, beland in die Blesbokspruit en in die Marievale-Ramsar-gebied. Marievale is baie gewild onder voëlkykers.

Matthew Havinga, inwoner van Springs, sê die massiewe hoeveelheid slik wat van die mynhoop afstort, kwel hom baie.

Hy vermoed die dreineringspyp wat water van die boonste deel van die mynhoop moet weglei, het gebreek of is gesteel. “Ek vermoed daar het ’n groot hoeveelheid water op die bokant van die mynhoop opgedam en dit het die wal laat ineenstort.”

Van die gifstowwe in die slik sluit kobalt, koper, arseen, lood, mangaan en aluminium in.

Hy sê geen instandhouding aan die talle ou goudmynhope aan die Oos-Rand word gedoen nie en dit veroorsaak ’n omgewingskrisis. “Dit is die nalatenskap van myne wat goud uitgehaal het en nou net weg is. Waar is die rehabilitasiegeld, waar is hierdie myn se eienaar?” vra hy. Volgens hom kon hy aan geen ander manier dink om die saak aan die groot klok te hang nie as om dit onder Liefferink se aandag te bring.

Sy het uitgekom Springs toe om ’n ondersoek te doen.

Volgens Liefferink het sy daarna ’n beroep op die regering gedoen om in te gryp. Liefferink waarsku die regering in ’n brief dat slikdamme wat meegee mense se lewe in gevaar stel. Hier verwys sy na die mynreus Vale se Brumadinho-slikdam in Brasilië wat meegegee en die lewe van meer as 160 mense geëis het.

Liefferink skryf voorts slikdamme bevat “ ’n wye spektrum giftige besoedelstowwe en chemikalieë wat bygevoeg word om goud te herwin”. Van die gifstowwe in die slik sluit kobalt, koper, arseen, lood, mangaan en aluminium in. Volgens haar is daar boere wat water uit die Blesbokspruit gebruik om hul landerye mee te besproei. Só beland die gif in die voedselketting, sê sy.

Volgens Liefferink het die departement van water en sanitasie belowe om op 22 Maart ’n inspeksie te gaan doen. Sy het wel niks van die departement van minerale bronne gehoor nie. Hy het ook nie ontvangs van haar brief erken nie.

Grootvlei is in 2011 gelikwideer.

Meer oor:  Dam  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.