Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sneeu lê dik by Tiffindell

Binne 24 uur het 55 cm se sneeu by die Tiffindell-ski-oord in die Oos-Kaap geval.

Slegs ervare bestuurders met viertrekvoertuie is Vrydagoggend toegelaat om die oord, wat sowat 24 km buite Rhodes geleë is, te verlaat weens die dik sneeulaag wat in die gebied geval het.

Travis Morrison, bemarkingsbestuurder van die oord, het Vrydagoggend gesê hul werkers is besig om die pad te probeer skoonmaak om alle voertuie toegang tot die pad te kan gee.

Sneeu het Donderdagoggend om 07:00 by die oord begin val, maar dit was eers van 23:00 af dat dit hard begin sneeu het, sê Morrison.

Dit het eers van sowat 08:00 Vrydagoggend af ligter begin sneeu.

Die temperatuur by die oord was Donderdagoggend -4 °C en -3 °C Vrydagoggend.

Die bome om die Tiffindell-ski-oord in die Oos-Kaap was Vrydagoggend spierwit gesneeu.

Intussen het die sneeu ook Vrydagoggend net buite Graaff-Reinet begin val.

Volgens Johan Malherbe van Waterval-plaas, sowat 32 km buite dié dorp in die rigting van Cradock, het die sneeu liggies omstreeks 10:30 begin val.

Hy sê hoewel dit nie hard gesneeu het nie, was die grasperk binne ’n uur met ’n wit sneeukombers bedek. Die kwik het tot -1 °C gedaal, maar die gaste op die plaas het die sneeuval geniet en genoeg sneeu bymekaar gemaak om ’n sneeuman te bou, sê Malherbe.

Tshepo Machaea, woordvoerder van Arrive Alive, het Vrydag om 13:30 gesê alle passe in die Oos-Kaap is tans nog oop, maar die verwagting was dat ’n paar passe teen Vrydagmiddag vir verkeer gesluit sou word indien die sneeu nog sou val.

Tafels en bankies by die Tiffindell-ski-oord in die Oos-Kaap was Vrydagoggend toegetrek onder ’n laag sneeu.
Sneeu het ook Vrydagoggend oor ’n gedeelte van die Drakensberge in die Oos-Kaap gelê. Foto: Tony Tegg/Snow Report SA

Meer oor:  Sneeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.