Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sneeu, reën laat Suid-Kaap bibber

Sneeu het Vrydag op plekke in die Suid-Kaap, Klein-Karoo en omliggende gebiede geval en tot soveel as 60 mm reën word nog tot Saterdagoggend aan die Suid-Kaapse kusgebied verwag.

Vrydagoggend vroeg was sneeu reeds sigbaar op die Outeniekwaberge by George, op die Langeberge by Swellendam en die Swartberge by Oudtshoorn, volgens Snow Report SA, asook by De Hoop en Uniondale, volgens Reënval in SA se Facebook-blad.

Gerhard Otto, hoof van rampbestuurder by die Garden Route-distriksmunisipaliteit, het Donderdagaand in ’n stemboodskap op die Oudtshoorn-munisipaliteit se WhatsApp-groep gesê tussen 40 mm en 60 mm reën is deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel vir die kusgebiede van Mosselbaai tot in Bitou, wat Plettenbergbaai insluit, en tot 80 mm reën in die bergagtige gebiede.

“Ons is gewaarsku oor sneeu van 10 cm tot 15 cm op die Outeniekwaberge en ook sneeu op die Swartberge,” het hy gesê.

As voorsorgmaatreël vir die reën is ’n kanaal deur die Mosselbaai-munisipaliteit by die Groot-Brakrivier gegrawe om die riviermonding te dreineer indien dit nodig blyk te wees. By die Touwsrivier in Wildernis is ’n soortgelyke kanaal deur Sanparke gegrawe. Die vlak van die Swartvlei-riviermonding in Sedgefield word ook gemonitor, volgens hom. Rampbestuurspanne is gereed.

In Stilbaai naby Riversdal is 22 mm reën tussen Donderdag- en Vrydagoggend gemeet, volgens Reënval in SA. Teen Vrydagoggend het dit reeds meer as 33 mm in Mosselbaai gereën, meer as 19 mm op sekere plekke in Heidelberg in Hessequa, en meer as 10 mm in Oudtshoorn.

In die Schuinskraal-omgewing naby Hoekwil (Wildernis) het dit teen Vrydagoggend omstreeks 11:00 reeds 22 mm gereën, volgens ’n inwoner, Cathy Knight.

Teen Vrydagoggend is nog geen probleme by rampbestuur aangemeld nie, het Otto by navraag gesê. “Dit reën net lekker. Die meeste reën word tussen Vrydag en Saterdagoggend verwag. Vrydagoggend, byvoorbeeld, het Witsand al so 35 mm gehad.”

Volgens die weerdiens word geen reën Sondag vir plekke soos George, Mosselbaai of Oudtshoorn voorspel nie, maar dit sal koud bly met temperature onder 20 °C.

Meer oor:  Suid-Kaap  |  Reënval  |  Sneeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.