Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
So staan sake met Wes-Kaapse damvlakke

Die gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap het die afgelope week van 71,0% tot 69,3% gedaal – teenoor 54,05% ’n jaar gelede.

Die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel het Maandag op 88,98% gestaan, vergeleke met 90,60% die vorige week en 72,65% ’n jaar gelede.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het Maandag gesê die grootste deel van die provinsie gaan die nuwe jaar binne in ’n baie beter posisie as die afgelope jare.

Bredell sê die droogte duur egter onverpoos voort in dele van die Sentraal-Karoo. Damme in die Gouritzrivier-opvangsgebied, waar dié streek sy water kry, is gemiddeld 23% vol.

Die Theewaterskloofdam, die Wes-Kaapse grootste opgaardam. Foto: Gallo Images

“Die laagste wat dit al ooit was,” het Bredell Maandag gesê.

“Ons wil die publiek bedank vir hul volgehoue pogings die afgelope jare om water op ’n verantwoordelike manier te gebruik, maar waterbesparingspogings moenie verslap word nie. Dit geld ook vir streke waar die droogte iets van die verlede is. Die optimalisering van ons skaars hulpbronne bly van kritieke belang in ’n provinsie en ’n land wat halfwoestyn is.”

Teen Maandag het die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, van 93% tot 91,5% gedaal, vergeleke met 64,4% in dié tyd in 2020.

damvlakke

Die vlakke van ander damme wat aan Kaapstad water verskaf, is:

• Benede-Steenbrasdam: 84,3% (86,7% verlede week);

• Bo-Steenbrasdam: 73,1% (75,8%);

• Voëlvleidam: 84,5% (86,1%);

• Bergrivierdam: 89,9% (91,7%); en

• Wemmershoekdam: 89,7% (91,4%).

Die Clanwilliamdam, in die noordweste van die provinsie, se vlak het van 74,99% tot 70,4% gedaal, teenoor 56,4% dié tyd verlede jaar.

In die Karoo is talle damme minder as 10% vol. Reën by Beaufort-Wes het darem ’n goeie styging meegebring:

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 12,1% (10,7% verlede week);

• Calitzdorpdam: 50,1% (51,6%);

• Leeu-Gamkadam: 3,4% (3,3%);

• Oukloofdam naby Prins Albert: 0% (0%);

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 42,8% (22,9);

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 0,2% (0,3%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 8,5% (8,1%); en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0,0% (0,0%).

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke heelwat gestyg:

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 98,8% (99,4% verlede week);

• Korentepoortdam naby Riversdal: 100,3% (97,1%);

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 63,2% (63,7%); en

• Tuinroetedam by George: 100% (100%).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.