Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Spaar water, al is Vaaldam voller
Die Vaaldam se vlak het dié week gestyg tot 46,1%. Die departement van water en sanitasie is verheug hieroor, maar maan inwoners steeds om water spaarsamig te gebruik. Foto: Felix Dlanagamandla

Die vlak van die Vaaldam het dié week gestyg en is weer naby die 50%-merk.

Sputnik Ratua, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, het Sondag gesê die Vaaldam is nou by die 46,1%-merk.

Dit is volgens die jongste syfers wat tot Ratua se beskikking is, soos gemeet op 16 Desember.

Die dam was ’n week gelede 39,2% vol.

“Alhoewel ons baie bly is oor die damvlak wat gestyg het, moet ons mense nog steeds waarsku om water spaarsamig te gebruik,” het Ratua gesê.

Verlede jaar dié tyd was die damvlak 76,2%.

Hy sê die Vaaldam se vlak het nie na wense toegeneem nie weens die somerreën wat vanjaar laat gekom het. Verlede jaar dié tyd was die damvlak 76,2%.

Ratua het ook daarop gewys dat nog heelwat reën nodig is, nie net vir die Vaaldam nie, maar ook vir die geïntegreerde Vaalrivierstelsel.

Dié stelsel sluit 13 damme in, waarvan die opvangsgebied versprei is oor Mpumalanga, die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes. Vir die Vaaldam moet milde reën val in die westelike dele van Mpumalanga en die oostelike dele van die Vrystaat.

Die Grootdraaidam moet ook styg omdat dit stroomop in die Vaalrivier is. Volgens Dinsdag se syfers het dié damvlak wel gestyg, van 75,3% tot 105,1%.

Ander belangrike damme in die stelsel waarvan die vlakke toegeneem het, sluit in die Katsedam wat van 19,3% tot 20,5% en die Bloemhofdam wat van 66,2% tot 71,6% gestyg het.

“Die kollektiewe styging in die damme het tot gevolg dat die Vaalrivierstelsel se watervlakke van 56,6% tot 60,2% gestyg het,” sê Ratua.

Ten spyte van dié goeie nuus het Ratua ’n dringende beroep gedoen op Gautengers om steeds spaarsamig met water te werk.

Meer oor:  Vaaldam  |  Waterbesparing  |  Droogte  |  Waterskaarste  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.