Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Spierwit van die sneeu – kyk dié foto’s!
Die Strydom-gesin geniet die sneeu op hul plaas, sowat 15 km buite Uniondale. Foto: Verskaf

Terwyl die land bibber van die koue weens dalende temperature, is inwoners van Uniondale in die Wes-Kaap verheug oor die sneeu wat Saterdag hier geval het.

Ricardo Classen, van die Uniondale-toerismekantoor, sê hoewel dit ysig koud is, is die sneeu enige tyd welkom.

“Dit is nie ’n daaglikse verskynsel nie, maar beslis ’n lekkerte. Ons het verlede jaar in September ook sneeu ervaar.

“My foon hou nie op lui nie. Mense so ver as George, Knysna en Port Elizabeth het hierheen gery om die sneeu te kom kyk,” het Classen Saterdag gesê.

Lienka Strydom van Uniondale geniet die sneeu.Foto: Verskaf

Volgens Bransby Bulo van die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan koue weer vir die res van die naweek verwag word.

In die Wes-Kaap kan daar ligte sneeustorms in Outeniqualand en die Swartberge verwag word en baie koue weer.

“Daar kan ook sneeu oor die hoër pieke in die Noord- en Oos-Kaap verwag word.”

Sneeu op die Outeniquaberge by George.Foto: Verskaf

Die res van die land kan regmaak vir koue weer, hoewel geen reën verwag word nie.

Bulo meen die koue weer is normaal vir dié tyd van die jaar.

“In sommige dele van die land word uiterse koue weer ervaar, maar dit is winter, so wat anders kan 'n mens verwag?” het Bulo gesê.

Sneeu het in Uniondale en verskeie ander plekke in die Wes-Kaap geval. Foto: Verskaf

Twitter-gebruikers het foto’s gedeel van die sneeu in die Outeniquaberge naby George, in die Swartberge en in Uniondale.

Meer oor:  Reënval  |  Sneeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.