Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Springgety kniehalter red van pelsrob

Die verhaal van ’n beseerde rob wat kort voor die nuwe jaar op die rotse by die Punt in Mosselbaai uitgespoel het, het oënskynlik hartseer geëindig toe die springgety die reddingspoging gekniehalter het.

Vrywilligers van Stranded Marine Animal Rescue Team by die beseerde pelsrob op rotse by die Punt in Mosselbaai. Foto: Tersia Marais

Kort voor die naweek het Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart) – ’n organisasie wat hom beywer vir die redding en bewaring van seediere – ’n oproep van ’n bekommerde vakansieganger ontvang.

Die vakansieganger het Smart ingelig oor ’n Kaapse pelsrob wat oënskynlik bewegingloos op die rotse by die Punt gelê het.

Die beseerde pelsrob op die rotse by die Punt in Mosselbaai. Foto: Tersia Marais
Die wond aan die kant van die pelsrob se bek.. Foto: Tersia Marais

“Die rob het op ’n baie gevaarlike plek gelê en die springgety het die reddingspoging bemoeilik,” sê Tersia Marais van Smart. “Toe daar probeer is om haar van die rotse af te haal, het sy ongelukkig terug in die see geglip. Ons het verwag dat sy weer gaan uitspoel, maar het nog niks gewaar nie. Ons kan net hoop dat sy genoegsaam herstel.”

Volgens Marais word geldelike hulp onder meer benodig om onder meer toerusting aan te koop om reddingspogings soos dié van die rob te vergemaklik.

Dié organisasie is ook betrokke by die opruiming van plastiekkorrels wat aan die Suid-Kaapse kuslyn begin uitspoel het nadat dit tydens ’n storm in die see by die Durbanse hawe van ’n vragskip afgeval het.

Mense wat betrokke wil raak, kan Marais by 072 227 4715, of hul Facebookblad besoek.

Meer oor:  Reddingspoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.