Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Staproetes in Knysna-bos tydelik gesluit weens reën

Staproetes by Diepwalle en Harkerville in die Knysna-gebied van die Tuinroete Nasionale Park in die Suid-Kaap is Dinsdag tydelik gesluit as ’n voorsorgmaatreël weens reëntoestande.

Stappers in die Knysna-bos. Foto: Theunis Schutte

Die staproetes sal ná die reën weer oopgestel word, sê Sanparke in ’n verklaring.

Volgens Megan Taplin, bestuurder van die Knysna-gebied in die park, is dit wonderlik om te sien hoe riviere oorloop. “Die roetes sal tydelik gesluit word om stappers te beskerm wat die staproetes in Diepwalle en Harkerville gebruik. Dit sluit die wêreldbekende Outeniqua-staproete in. Ons monitor die situasie.”

Die afgelope naweek is 30 mm reën by Diepwalle gemeet en nog 30 mm verlede naweek.

In die Harkerville-bos, tussen Knysna en Plettenbergbaai, is 20,5 mm reën van Maandag tot Dinsdagoggend gemeet. Rondom die Knysna-riviermonding is 47 mm reën van verlede Maandag tot Dinsdagoggend gemeet.

By die Storms River Village by Stormsrivier in die Tsitsikamma-gebied van die park het 40 mm reën die afgelope naweek geval, volgens Eugenia Mkhatshwa, ’n senior veldwagter. Geen staproetes is gesluit nie en die situasie word gemonitor.

In die Wildernis-gebied van die park is geen staproetes gesluit nie.

In die Wildernis-gebied van die park is geen staproetes gesluit nie.

“Volgens Jonathan Britton, mariene veldwagter vir die Wildernis-gebied van die park, het daar in die laaste 24 uur 19,6 mm reën in die boonste opvangsgebied van die Touwrivier geval, 15,6 mm in Bergplaas, 15,6 mm in Corneliskop en 10,4 mm in Farleigh,” sê Nandi Mgwadlamba, ’n woordvoerder van Sanparke, by navraag.

Volgens haar het Britton bevestig voorbereidings is getref indien dit nodig sou wees om die Swartvlei- en Touwriviermond oop te maak.

Dinsdag was die watervlak van die Swartvlei-mond in die Sedgefield-gebied 1,53 m, en dié van die Touwriviermond 1,65 m.

*Elders in die Suid-Kaap het dit Dinsdag ook goed gereën. Volgens die Facebook-groep Reënval in SA het dit teen Dinsdagoggend om 08:00 in Fraaiuitsig in Klein-Brakrivier 10 mm gereën, en 3 mm in Heatherlands in George, wat die totaal vir April in dié gebied op 38,5 mm te staan bring.

Meer oor:  Staproetes  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.