Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sterftes, koste weens steenkool kos SA miljarde
Steenkool word gebruik om meer as 90% van Suid-Afrika se krag te genereer. Foto: Sourcetv

Minstens 2 200 Suid-Afrikaners sterf jaarliks weens die lugbesoedeling wat deur steenkoolkragstasies veroorsaak word. Boonop kos siektes wat deur dié besoedeling veroorsaak word, die Suid-Afrikaanse belastingbetaler jaarliks R30 miljard.

Dít is van die bevindings in navorsing wat gedoen is deur dr. Mike Holland, ’n Britse kundige op die gebied van luggehalte en die impak wat dit op Suid-Afrikaners se gesondheid het.

Holland het verlede week sy bevindinge aan amptenare van die departement van omgewingsake oorgedra en dit Vrydag aan die portefeuljekomitees oor omgewingsake en gesondheid voorgelê.

Holland het die afgelope twee jaar, op uitnodiging van die nie-regeringsorganisasie, groundWork, navorsing gedoen oor die gesondheidsimpak van steenkoolkragstasies op die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing.

Hy het onder meer bevind van die 2 239 sterftes onder Suid-Afrikaners per jaar, is 157 weens longkanker, 1 110 weens hartprobleme, 73 weens die chroniese obstruksie van die slagare, 719 weens beroerte en 180 weens onderste lugweginfeksie.

Volgens Holland ly duisende mense, waaronder baie kinders in Suid-Afrika, aan brongitis en asma. Die mediese behandeling van dié siektes en die feit dat mense in hospitale opgeneem word en gevolglik van die werk af wegbly, kos die belastingbetaler jaarliks sowat R30 miljard.

Holland se bevindings is opgeneem in die verslag Health Impacts of Coal Fired Power Plants in South Africa.

Hy het onder meer bevind van die 2 239 sterftes onder Suid-Afrikaners per jaar, is 157 weens longkanker, 1 110 weens hartprobleme, 73 weens die chroniese obstruksie van die slagare, 719 weens beroerte en 180 weens onderste lugweginfeksie.

Hy het ook bevind die verbranding van steenkool in Suid-Afrika en die lugbesoedeling wat dit tot gevolg het, dra jaarliks by tot chroniese brongitis waaraan 2 781 volwassenes en 9 533 kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 ly.

Holland het in sy verslag ook die geskatte gesondheidsimpak van Eskom se individuele kragstasies op grond van hul uitlaatgasse gemeet.

Weens die besoedeling word sowat 2 379 mense jaarliks in hospitale opgeneem.

Volgens Holland dra al dié siektes by tot 3 972 902 werkdae wat verlore gaan.

Volgens Holland sluit die R30 miljard nie die groot impak in wat steenkoolstof op die besoedeling van die omgewing het nie. Hy wys daarop dat geweldige hoeveelhede steenkoolstof daagliks in die lug vrygestel word deur oopgroefmyne en die vervoer van steenkool. Dit sluit ook nie die waterbesoedeling in wat steenkoolmynery tot gevolg het nie.

Holland het in sy verslag ook die geskatte gesondheidsimpak van Eskom se individuele kragstasies op grond van hul uitlaatgasse gemeet.

Wat het dr. Holland bevind?

Dr. Mike Holland het bevind die dodelikste Eskom-steenkoolkragstasies is:

  • Medupi, wat bydra tot die dood van 364 mense. Baie van die mense wat in Lepalale naby Medupi woon, ly aan chroniese asma en brongitis. Medupi se geëksternaliseerde koste word bereken op R5 057 57 miljoen per jaar (U$386 miljoen).
  • Matimba (ook by Lepalale) dra by tot 262 sterftes per jaar;
  • Kendal by Ogies tot 210 sterftes per jaar;
  • Lethabo by Vereeniging tot 204 sterftes per jaar;
  • Matla by Kriel en Tutuka by Standerton tot 192 jaarlikse sterftes elk per jaar.

    Holland het aan beleidmakers gesê dié bevindings is nie uit die duim gesuig nie en hulle moet dit in ag neem wanneer hulle oor Suid-Afrika se toekomstige energiebeleid besluit.

    Melissa Fourie, uitvoerende direkteur van die Sentrum vir Omgewingsreg, het gesê die regering is besonder traag om op te tree teen besoedelende kragstasies. Dit begin al hoe meer lyk asof die regering die omgewingsgeregtigheid waarop mense aanspraak maak, doelbewus oortree. Sy het gesê die regering se traagheid tot optrede ontneem mense die reg op lewe.

    Bobby Peek, uitvoerende direkteur van groundWork, het gesê dit is nou die tyd om oor te skakel van die vuil opwekking van krag wat mense doodmaak na skoon en hernubare krag.

    Fourie het bygevoeg as die regering nie teen die besoedelende kragstasies optree nie, sal gemeenkappe geen ander keuse hê nie as om hulle op die howe te beroep.

    Meer oor:  Eskom  |  Uitlaatgasse  |  Siektes  |  Sterftes
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.