Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Stormweer in KZN bring ‘chaos, wanhoop’

Die ANC het Dinsdag sy medelye uitgespreek teenoor die familielede van die mense wat hul lewe verloor het in die hewige stormweer in KwaZulu-Natal.

’n Boom in Umlazi, suid van Durban, wat Dinsdag in ’n storm ontwortel is. Foto: Reuters

“Die swaar reënval het chaos, wanhoop en vernietiging gebring. KwaZulu-Natal is die provinsie wat die ergste deur dié weersomstandighede geraak is met die verlies van talle mense se lewe en mense wat deur hul families as vermis aangemeld is,” lui die verklaring.

Die laer suidelike kuslyn van KwaZulu-Natal en Port St. Johns in die Oos-Kaap is die gebiede wat die ergste deur die storms geraak is.

“Honderde mense is reeds vanuit die laerliggende gebiede in Port St. Johns na veiligheid geneem,” sê die ANC.

Die party het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor lede van die weermag wat in die Oos-Kaap ontplooi is waar honderde mense dakloos gelaat is nadat bykans 300 huise oorstroom het.

Lennox Mabaso, woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, het Dinsdagmiddag by navraag gesê dat hy later die getal mense wat dood is, bekend sal maak.

“Ek kan eers die getal bevestig nadat ek al die inligting laatmiddag van die verskillende nooddienste ontvang het,” sê Mabaso.

Vroeër het Netwerk24 berig dat minstens 23 mense dood is in die stormweer wat eThekwini Maandag en vroeg Dinsdagoggend getref het. Benewens die sterftes is 32 mense beseer toe paaie en riviere oorstroom en huise in Durban en omliggende gebiede inmekaargestort het.

’n Gedeelte van die King Edward VIII-hospitaal in Umbilo, Durban, is Dinsdag oorstroom. Foto: Reuters
Meer oor:  Anc  |  Kzn  |  Stormweer  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.