Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Stormweer oor dele van binneland
In Brits in die Noordwes het inwoners foto’s en videos geneem van hael so groot soos gholfballe.Foto: Twitter
Die paaie was sopnat in Aucklandpark, Johannesburg. Foto: Murray Louw

Swaar reën, hael en donderstorms het Donderdag oor dele van Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes voorgekom.

Inwoners het foto’s van reën, hael en donker wolke wat saamkoek, op sosiale media gedeel.

In Brits in Noordwes het inwoners foto’s en videos van hael so groot soos gholfballe geneem. Hael het ook in onder meer Ga-Rankuwa in die noorde van Pretoria, die Carousel-tolhek op die N1-hoofweg en Onderstepoort geval.

“Alhoewel dit by tye swaar gereën het was daar geen ernstige voorvalle nie,” het William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste teen Donderdagmiddag gesê.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, was ook nie bewus was van enige ernstige voorvalle weens die gure weer nie. “Motoriste moet steeds versigtig en stadig deur water ry wat weens die reën plek-plek opgedam het, veral by laagliggende brûe. Mense wat naby riviere en kanale woon, moet ook op die uitkyk wees vir stygende watervlakke,” het Pieterse gesê.

Kalmte ná die storm wat oor Moloto, buite Pretoria, gewoed het.Foto: Facebook
So het dit vandag noord van Pretoria, by Rooiwal, gehael.Foto: Facebook
Dié boom in Alberton is deur die storm wat hier gewoed het kaal gestroop en verwoes.Foto: Facebook
By het Ermelo het 32 mm reën en hael Donderdag geval.Foto: Facebook
Skoolkinders by die Hoërskool Wagpos het nie vir die hael geskrik nie en op ’n rugbyveld gespeel.Foto: Facebook

Meer oor:  Mpumalanga  |  Noordwes  |  Gauteng  |  Reën  |  Hael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.