Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Stortingsterrein by Frankfort ‘besoedel Wilgerivier’

Die munisipale stortingsterrein by Frankfort word so swak bestuur dat dit bydra tot besoedeling van die Wilgerivier, wat weer by die Vaalrivier aansluit.

Jan Oost, VF Plus-raadslid van die Mafube-munisipaliteit, sê sy party het Makalo Mohale, die LUR van kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake, gevra om in te gryp.

Oost sê die stortingsterrein hou ernstige gesondheids- en veiligheidsrisiko’s vir inwoners in.

Die stortingsterrein buite Frankfort. Foto: Verskaf

Hy sê ook dat dit terrein nie aan die nasionale minimumvereistes, soos bepaal in die Afvalbestuurswet, voldoen nie en die terrein word boonop sonder die nodige lisensie bedryf.

Volgens Oost is die stortingsterrein op ’n terrein geleë waar daar voorheen ’n steengroef in die dolomietgesteentes gegrawe is. Hy sê die poreuse dolomietgrond veroorsaak dat besoedelde reënwater direk in die Wilgerivier loop.

“Die Wilgerivier, wat duisende mense en diere van water voorsien, loop in die Vaaldam, wat op sy beurt weer bykans die hele Gauteng van water voorsien.”

Volgens Oost word daar ook geen toegangsbeheer, veiligheidsmaatreëls of regulasies by die terrein toegepas nie en word vullis oor ’n gebied van meer as ’n kilometer gestort.

Die munisipaliteit kan self geen vullisverwyderingsdienste aan inwoners bied nie omdat hy nie meer ’n enkele voertuig besit nie.

Inwoners ry self hul vullis weg, hoewel hulle moet betaal vir dienste soos vullisverwydering, sê Oost.

Hy sê die VF Plus het die LUR gevra om in te gryp omdat die Mafube-munisipaliteit al keer op keer bewys het dat hy nie daartoe in staat is om aan wetlike vereistes en voorskrifte te voldoen nie.

’n Lugfoto wys hoe groot die gebied is, wat in ’n ou steengroef geleë is, en as stortingsterrein gebruik word. Foto: Verskaf
Die munisipale stortingsterrein buite Frankfort voldoen glo nie aan wetlike vereistes nie en veroorsaak ook dat die Wilgerivier besoedel word. Foto: Verskaf

Meer oor:  Wilgerivier  |  Besoedel  |  Frankfort  |  Stortingsterrein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.