Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Strafbare manslag nou ondersoek ná toeris se dood

Die polisie in Limpopo ondersoek nou ’n saak van strafbare manslag ná die dood van ’n Switserse toeris ná ’n ongeluk in die Krugerwildtuin waarin ’n taxi ’n kameelperd doodgery het.

Rolland Koller is ernstig beseer toe die kameelperd Sondag op sy gehuurde safarivoertuig geval het nadat dit deur die taxi getref is. Koller is met ’n helikopter na die Nelspruit Mediclinic in Mbombela geneem en Maandag na die waakeenheid van die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas waar hy Woensdag dood is.

Manuel Irman, woordvoerder van die Switserse ambassade, het bevestig dat Koller weens sy beserings dood is. Hy wou nie verder uitwei nie. Dit is dus onbekend hoe dit met Barbara Wyss gaan, wat saam met Koller in die voertuig was. Sy het ligte beserings opgedoen en is ook Sondag na die Mediclinic Nelspruit geneem.

Volgens Sanparke was daar Sondag 13 dagbesoekers in die taxi wat in die teenoorgesteld rigting as Koller en Wyss gery het toe die taxi die kameelperd getref het. Die kameelperd het aan die bestuurderskant op die dak van die safari-voertuig te lande gekom en het op die toneel gevrek.

Twee passasiers in die minibus is lig beseer en op die toneel behandel.

Die polisie in Phalaborwa het Dinsdag die ongelukstoneel besoek en besluit om ’n saak van roekelose en/of nalatige bestuur te open nadat hulle geen bewyse kon kry dat ’n klag aanhangig gemaak is nie.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, is dit nou egter na strafbare manslag verander.

Die taxibestuurder sal eers vervolg word as die ondersoek afgehandel is én die direkteur van openbare vervolgings besluit daar is genoeg bewyse om hom te vervolg.

Netwerk24 mag nie die man se naam bekend maak nie omdat hy nog nie aangekla is en in die hof verskyn het nie.

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Strafbare Manslag  |  Ongeluk  |  Toeris  |  Kameelperd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.