Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Stropers baljaar in O-Kaap, amptenare word nie aangestel

Terwyl stropers veral gedurende die inperkingstydperk in die Oos-Kaap baljaar het, is daar ’n groot aantal vakante poste in die provinsiale departement van omgewingsake.

Sowat ’n derde van die beskikbare poste in die nakomings- en toepassingsafdeling is vakant, terwyl slegs 56% van die poste vir die bewaring van biodiversiteit en kusbestuur gevul is.

Dié syfers is bekend gemaak ná ’n vraag in die provinsiale wetgewer deur Jane Cowley, provinsiale DA-woordvoerder oor ekonomiese ontwikkelinge, omgewingsake en toerisme, aan Mlungisi Mvoko, die betrokke LUR.

Daarvolgens is die meeste vakante poste in die nakomings- en toepassing-afdeling in die Sarah Baartman-distrik.

’n Betroubare bron in die departement sê die hele distrik het slegs amptenare in bogenoemde afdeling, en geen bestuurder nie.

Ook in die Chris Hani-distrik is slegs drie poste hiervoor gevul.

Van die vermeende onwettige jagters saam met hul honde in Mei op ’n plaas in die Hofmeyr-distrik. Foto: Verskaf

Volgens die bron was daar ’n aansienlike toename in onwettige jag gedurende die inperking. In een voorval in Mei het 16 vermeende stropers met 32 honde op ’n plaas in die Hofmeyr-distrik toegesak. Teen die tyd dat omgewingsamptenare reageer het, was 12 springbokke reeds vrek.

“Die plundering deur georganiseerde sindikate het ’n vernietigende impak op die provinsie se natuurlike erfenis en dit hou ’n beduidende risiko in vir die streek se unieke biodiversiteit, wat ’n belangrike dryfveer vir toerisme is,” sê Cowley.

Sy sê die vakante poste maak deel uit van die departement se struktuur waarvoor nagenoeg R1,4 miljoen per maand begroot is, en indien die poste nie in die huidige boekjaar gevul word nie, is daar die moontlikheid dat die geld weer net geabsorbeer sal word.

Maar volgens Mvoko is die vul van 12 van die vakante poste intussen goedgekeur, waarvan agt reeds geadverteer is. Hy sê vroeër was daar nie geld vir die vakante poste beskikbaar nie, maar die departement het vir die 2020-’21-boekjaar geld hiervoor geoormerk.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.