SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Omgewing
Stropers gesoek wat leeus vergiftig, vermink

Die polisie in Limpopo soek na die stropers wat vyf leeus vergiftig en vermink het.

Die leeus is op ’n private plaas naby Northam in die Waterberg-distrik van Limpopo ontdek.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, is die diere se verminkte karkasse Woensdag omstreeks 08:00 gevind.

Sommige van die karkasse was onthoof, terwyl ander se pote verwyder is. Van die leeus se tande is ook uit hul skedels geruk.

Mojapelo sê ’n onbekende aantal stropers het ’n heiningdraad op die plaas geknip om toegang tot die leeus te verkry.

Die leeus is vergiftig deurdat groot hoeveelhede gif op hoendervleis gegooi is. Hulle is daarna vermink.

Mojapelo het ’n beroep gedoen op die publiek om die polisie te help met die ondersoek en na vore te kom indien hulle enige inligting oor die voorval het.

’n Spesiale taakspan is reeds aangestel om die jongste geval van leeustropery te ondersoek.

Meer oor:  Limpopo  |  Vermind  |  Leeus Vergiftig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.