Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Stropers maak 2 renosters in Lephalale dood

Die polisie in Limpopo soek na ’n groep stropers wat twee renosters op ’n wildplaas buite Lephalale vir hul horings doodgeskiet het.

Lt.kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die witrenosters is vermoedelik Maandagaand op die Maketi-natuurreservaat buite Lephalale met ’n swaarkaliber-jaggeweer doodgeskiet.

Volgens hom het veldwagters Dinsdagoggend vroeg op die karkasse van ’n bul en koei afgekom.

Albei se horings is afgekap.

Seabi sê die polisie het ook op ’n patroondoppie van ’n .375-jaggeweer naby die karkasse afgekom.

Dié voorval kom nadat ’n witrenoster in November op ’n wildplaas in die Dorset-gebied, ook in die Waterbergstreek van Limpopo, vir sy horings doodgeskiet is.

In November is daar ook in afsonderlike voorvalle witrenosters buite Phalaborwa en Hoedspruit gestroop.

Enigiemand met inligting oor die voorvalle, word versoek om kol. Alpheus Mokale van die polisie se veediefstaleenheid by 082 565 6524 te bel.

renoster
Een van die twee renosters wat buite Lephalale in Limpopo doodgemaak is. Foto: SAPD

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.