Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Swaar reën bring nog oorstromings in noorde

Inwoners in somerreënvalgebiede in die Vrystaat, Noord-Kaap, Gauteng en selfs Namibië moes die afgelope weke bontstaan om uit die pad van vloedwaters te kom.

Jake Manten, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut by die Vaaldam, sê die nooddienste het die NSRI se hulp Saterdagoggend ingeroep toe mense teen die Rietrivier by Lochvaal vasgekeer was.

Twee mense moes by Lochvaal met ’n helikopter na veiligheid geneem word toe die Rietspruit in vloed was.

Kitsvloede het daartoe gelei dat ’n gesin van ses in hul huis vasgekeer is.

Die polisie het met die NSRI se aankoms reeds vier van die mense gehelp om veilig deur die vloedwaters te loop.

’n Bejaarde egpaar is egter met ’n lugmaghelikopter uit die huis gered omdat hulle nie deur die vloedwaters sou kon loop nie.

Pieter Kemp van Parys Landelike Beveiliging sê die Vaalrivier by Parys vloei sterk, maar die huidige watervlak hou geen bedreiging vir mens of dier in nie.

Kemp sê 500 kusek (kubieke meter per sekonde) water is Saterdagoggend by die Barrage uitgelaat, maar dit is teen Sondag verminder na 89 kusek.

Swaar reën in Klerksdorp het Donderdag veroorsaak dat dele van die Thsepong-hospitaal tydelik ontruim moes word.

Hy sê die watervlak bokant die Barrage het gestabiliseer en daar is geen bedreiging van oorstromings nie.

“Die Vaalrivier se vlak het reeds gedaal.”

’n Wolkbreuk in Lenasia en Sebokeng in Gauteng het volgens Kemp tot oorstromings gelei toe die Rietspruit en Kleinrietspruit se walle oorstroom is. Hy sê 150 mm reën het hier in ’n baie kort tydperk geval.

Die Vaaldam se vlak het van Vrydag tot Sondag van 70% tot 72% gestyg.

Die Mangaung-metro het Saterdag mense teenaan die Modderrivier buite Bloemfontein gevra om seker te maak hul eiendom, soos pompe, diere en landboutoerusting, word na veiligheid verskuif.

Die Maselspoort-vakansieoord en die Glen-landboukollege is by die vloedwaarskuwing ingesluit.

Die polisie is ook gevra om op ’n gereedheidsgrondslag te wees, sou dit nodig wees om inwoners te help.

Elders in die Vrystaat het Dawie Theron, ’n boer van Bultfontein, groot skade weens die reënval gely. Dele van Theron se plaas, Memel, was Vrydag nog onder diep water. Hy het miljoene rand se skade gely en sy plaasopstal, silo’s en ander infrastruktuur is onder water.

Die plaas van Dawie Theron van Bultfontein was die naweek nog onder water.

Die gebied het sedert Desember goeie reën gekry wat veroorsaak het dat die water begin opdam het totdat ongeveer 100 ha op sy plaas onder water was.

Hoewel dele van mielielande in die Vrystaat die naweek nog onder water was, lyk die meeste oeste in die Vrystaat in hierdie stadium belowend.

In Klerksdorp moes die Tshepong-hospitaal Donderdag tydelik ontruim word toe swaar reën daartoe gelei het dat ’n deel van die hospitaal onder water was.

Die weerdiens het Sondag gewaarsku dat dele van KwaZulu-Natal swaar reën kan verwag.

Meer oor:  Parys  |  Vaalrivier  |  Bultfontein  |  Vaaldam  |  Reën  |  Oorstromings  |  Vloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.