Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Swaar reën in Gauteng, N-Wes; motorryers gemaan
Die Apiesrivier het Sondagmiddag sy walle by die laagwaterbrug in Flowersstraat in Capital Park oorstroom. Foto: Christiaan du Plessis

Swaar reën het Sondagmiddag verskeie paaie in Gauteng en Noordwes onbegaanbaar gemaak.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n waarskuwing vir vloede in Gauteng en Noordwes uitgereik.

Die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp is omstreeks 16:00 vir verkeer gesluit. Voertuie moes deur ’n bruin watermassa probeer ry.

In Potchefstroom is tussen 68 mm en 75 mm reën Sondag gemeet.

James Beeslaar, ’n inwoner in Van der Hoffpark in Potchefstroom, het Sondag 75 mm reën gemeet.

In Johannesburg was die M1-hoofweg-noord en -suid Sondagmiddag ook onder water.

Sr. supt. Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie het motoriste gewaarsku om uiters versigtig op die nat paaie te bestuur.

In Pretoria het die Apiesrivier sy walle oorstroom by die laagwaterbrug in Capital Park. Die brug is onbegaanbaar.

Charles Mabaso van die Tshwane-nooddienste sê die laagwaterbrug op die hoek van Rabie en Endstraat in Centurion is ook weens vloede vir verkeer gesluit.

Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om nie laagwaterbrûe in die stad in hul voertuie of te voet te probeer oorsteek nie.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Noordwes  |  Gauteng  |  Vloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.