Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Swaar reën in Karoo, dele van Oos-Kaap verwag

Nog reën word tot Woensdag oor dele van die Wes- en Oos-Kaap verwag en swaar reën sal Dinsdag op plekke in die binneland voorkom.

Daarby kan ’n sterk suidoostewind van tot 40 km/h in Kaapstad en ’n oostewind van tot 40 km/h oor groot dele van die Oos-Kaap voorkom.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan swaar reën Dinsdag oor Beaufort-Wes uitsak, wat tot oorstromings kan lei.

In die Oos-Kaap word swaar reën aan die suidelike kus en binneland tussen die Visrivier en Port Edward verwag, met oorstromings wat Dinsdag in gebiede oos van Cannon Rocks kan voorkom.

Stormsterk rukwinde het Maandagoggend ook daartoe gelei dat ’n vragmotor buite die Hugenote-tonnel aan die Paarl se kant omgeslaan het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê

swaar voertuie, vragmotors en woonwaens word op die tolpad na die tonnel verbied nadat die vragmotor omgeslaan het.

Die wind het gedurende die oggend tussen 100 km/h en 120 km/h by die tonnel gewaai.

Inwoners van Gordonsbaai het ook sedert Sondagmiddag op sosiale media laat weet dat die dak van die Checkers-winkelsentrum daar afgewaai het.

Vir Dinsdag word koel, gedeeltelik bewolkte tot bewolkte weer oor die grootste deel van die Wes-Kaap verwag, met reënbuie wat grootliks in die Suid-Kaap, Karoo en Overberg sal voorkom. ’n Suidoostewind van tussen 20 km/h en 30 km/h kan oor die grootste deel van die provinsie waai.

Vir Kaapstad word ’n maksimum temperatuur van 24 °C voorspel en sonnige weer teen die middag, sowel as ’n suidoostewind van tot 30 km/h.

Die wind kan by Kommetjie en Kaappunt, sowel as by Kaap Agulhas tot 40 km/h haal.

Vir George word ’n maksimum van 18 °C en ’n 60%-kans op reën met ’n suidoostewind van tot 30 km/h voorspel.

In Mosselbaai, Riversdal en Plettenbergbaai is daar ’n 60%-kans op reën en in Laingsburg, Oudtshoorn en Beaufort-Wes is donderweer en ’n 60% kans op reën voorspel.

In Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Worcester en Ceres is daar ’n 30%-kans op reënbuie.

In die Oos-Kaap is daar ’n 60%-kans op reën oor die grootste deel van die provinsie, met koel weer en ’n sterk oostewind wat tot 40 km/h kan haal.

Vir Port Elizabeth word ’n maksimum van 20 °C voorspel.

In Port St. Johns, Mthatha en Queenstown is daar ook teen Dinsdagmiddag ’n 60%- tot 80%-kans vir reën en donderbuie.

Teen Woensdag word warmer, gedeeltelik bewolkte weer oor die grootste deel van die Wes-Kaap, met ’n 30%-kans op reën in die Karoo en Overberg, en ’n 60%-kans op buie in die Suid-Kaap verwag.

Vir Kaapstad word ’n maksimum temperatuur van 24 °C en ’n suidoostewind van tot 20 km/h voorspel.

Vir George word ’n maksimum van 21 °C en ’n 60%-kans op reënbuie voorspel.

In Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal, Worcester, Beaufort-Wes en Oudtshoorn is daar ’n 30%- kans op reënbuie.

In die Oos-Kaap word koel, gedeeltelik bewolkte weer verwag, met ’n 30%-kans op reënbuie op plekke.

In Port Elizabeth word ’n maksimum van 22 °C en ’n suidoostewind van tot 10 km/h voorspel.

In Oos-Londen, Port St. Johns, Bhisho, Fort Beaufort, Mthatha en Queenstown word ’n 30%-kans op reënbuie verwag.

* Teen Maandag 08:00 het die Weerdiens in die voorafgaande 24 uur reënval van meer as 20 mm in die Oos-Kaap by Koffiebaai (105 mm), Port St. Johns (75 mm), Mthatha (37 mm), Buffelsfontein (25 mm), en Bhisho, Joubertina en Queenstown (22 mm elk) gemeet.

Meer oor:  Karoo  |  Vloedskade  |  Reën  |  Storms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.