Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Swaar reën Saterdag in Suid-Kaap, Karoo verwag

Hoë reënval wat op plekke tot oorstromings kan lei, word Saterdagmiddag tot die aand in die Suid-Kaap en noordooste van die Sentraal-Karoo verwag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ook ’n waarskuwing gerig oor ’n uiters hoë brandgevaar Vrydag in Kaapstad, die Drakenstein-munisipaliteit in die Kaapse Wynlande en die noorde van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap.

Temperature aan die Weskus en in dele van die Kaapse Wynlande kan Vrydag tot byna 40 °C bereik.

Vir Riversdal, Mosselbaai, George en Oudtshoorn is daar Saterdag ’n 80%-kans op reën en donderweer en ’n 60%-kans in Worcester, Beaufort-Wes en Ceres.

Oor meeste van die Suidwes-Kaap, insluitend Kaapstad, word ’n 30%-kans op reën en donderweer verwag, met uiters warm weer aan die Weskus en in die Kaapse Wynlande.

Op Clanwilliam kan die kwik tot 38 °C styg, met 36 °C in Oudtshoorn en 35 °C in die Paarl en Worcester.

In die Oos-Kaap word motreën langs die kus verwag en ’n 60%-kans op reën en donderweer word vir die binneland voorspel.

In Port Elizabeth en Port Alfred word ’n noordoostewind van tot 40 km/h verwag, met ’n windspoed van tussen 20 en 30 km/h oor ’n groot deel van die provinsie.

Op Cradock en Queenstown is daar ’n 60%-kans op reën en donderweer, terwyl daar op Graaff-Reinet en Fort Beaufort ’n 30%-kans op reën en donderweer is.

Vrydag word sonnige, baie warm weer oor die Suidwes-Kaap verwag, met bewolkte weer oor die Suid-Kaap en Karoo.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 33 °C met ’n suidoostewind van tot 40 km/h voorspel en ’n maksimum van 24 °C vir George.

By Kaappunt kan die suidooster teen 70 km/h woed, met 60 km/h in Kommetjie en 50 km/h by die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Die kwik kan tot 39 °C op Clanwilliam en Redelinghuys styg, 38 °C op Malmesbury en Vredendal en 36 °C in die Paarl.

In Laingsburg en Beaufort-Wes is daar die middag ook ’n 30%-kans op reën en donderweer.

In die Oos-Kaap word bewolkte, koel weer en reënbuie verwag.

Vir Port Elizabeth word ’n maksimum van 23 °C en ’n oostewind van tot 40 km/h voorspel.

In Oos-Londen, Port St. Johns, Bhisho, Fort Beaufort en Mthatha is daar ’n 60%-kans op reënbuie.

Op Graaff-Reinet, Cradock en Queenstown is daar die middag ook ’n 30%-kans op reën en donderweer.

Teen Sondag word bewolkte weer oor meeste van die Suidwes-Kaap verwag, met reën en donderweer in die Suid-Kaap en Karoo.

In Riversdal, Mosselbaai en George is daar ’n 60%-kans op reën en donderweer en in Hermanus, Grabouw en Kaap Agulhas is daar ’n 60%-kans op reën.

Daar is ook ’n 30%-kans op reën in Worcester en Plettenbergbaai en ’n 30%-kans op reën en donderweer op Beaufort-Wes en Oudtshoorn.

In die Oos-Kaap word warm weer en reën en donderweer verwag.

Vir Port Elizabeth word ’n 30%-kans op reën en donderweer en ’n suidwestewind van tot 30 km/h voorspel.

Op Graaff-Reinet, Cradock en Queenstown is daar ’n 60%-kans op reën en donderweer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.