Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Swaar reën, wind en hael vir Vrystaat voorspel

Hewige donderstorms, gepaard met hael, swaar reën en sterk wind kan Maandag oor die hele Vrystaat voorkom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat hael, swaar reën en wind ook in die verre ooste van die Noord-Kaap kan voorkom.

Ná die reën. Henry Keyter, gr. 11-leerling aan Grey-kollege, en Anke Matthee, gr. 11-leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, stap na die skoolsaal waar die Grey-bal Saterdagaand gehou is. Dit het die naweek sowat 10 mm in Bloemfontein gereën en die aanduidings was dat dit Sondagaand en Maandag nog sou reën.Foto: Charles Smith

Donderstorms het die naweek reeds voorgekom en goeie reën het uitgesak.

Op Bethlehem is Sondagoggend 27 mm gemeet, op Ficksburg 24 mm, in die omgewing van Vrede 21 mm, by Hennenman 17 mm en by Bothaville 14 mm.

In Bloemfontein is sowat 10 mm reën sedert Vrydagaand aangeteken.

Verskeie dorpe in die Vrystaat het in Februarie die 100 mm-kerf oorgesteek.

Van dié plekke is Bloemfontein (163 mm), Fauresmith (136 mm), Hennenman (133 mm) en Wepener (143 mm).

'n Reënboog oor Bloemfontein. 'n Voël vlieg hier deur die reënboog wat laat Vrydag na 'n vinnige bui reën oor die stad gevorm het. Die het die naweek tot Sondagoggend sowat 10 mm in Bloemfontein gereën.Foto: Charles Smith

In die Noord-Kaap het Kimberley (111 mm), Noupoort (144 mm) en Kuruman (107 mm) ’n goeie maand beleef.

Hewige storms het die naweek in die omgewing van die Wildekus voorgekom en swaar reën het geval.

By Koffiebaai is Sondagoggend 241 mm gemeet en by Port St. Johns 110 mm.

Oorstromings het plek-plek in Gauteng voorgekom. Van die plekke wat deurgeloop het, is Edenvale, Alexandria en Alberton.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens  |  Vrystaat  |  Noord-Kaap  |  Donderstorms  |  Wind  |  Voorspel  |  Swaar Reën  |  Hael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.