Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Swak watergehalte skaad die ekonomie

Die Wêreldbank spreek in ’n studie sy ernstige kommer uit oor die gehalte van vars waterbronne oor die wêreld heen wat vinnig agteruitgaan en ekonomiese groei belemmer.

Die Wêreldbank sê in die voorwoord tot die studie, “Quality Unknown; The Invis­ible Water Crisis,” terwyl daar gereeld oor die hoeveelheid water gepraat word, kry die gehalte van water baie min aandag.

Foto ter illustrasie.

Uit hierdie studie het dit duidelik geword dat “dringende aandag gegee moet word aan die verborge gevare wat onder die wateroppervlak lê”, sê die bank in ’n verklaring.

Die Wêreldbank wys daarop dat swak watergehalte ekonomiese groei in sommige lande reeds met ’n derde laat afneem het. Dit maak nie net mense siek en bedreig voedselsekerheid nie.

Besoedelde water is ook nie beperk tot ontwikkelende lande nie, maar bedreig ook ryk lande.

“Groepe met ’n hoë inkomste is nie immuun teen die gevare wat besoedelde water inhou nie,” lui die verklaring.

“Soos wat lande groei, verander die mengsel van besoedelstowwe in die water van E.coli tot stikstof tot medisyne tot plastiek.”

Die bank sê watergehalte is ’n komplekse begrip en die impak wat besoedelstowwe op menslike gesondheid het, is grootliks onseker.

“Erger nog is dat regulasies wat veiligheidstandaarde oor landsgrense heen bepaal, gefragmenteerd is. Hierdie verslag wys daarop dat sommige besoedelstowwe impakte het wat voorheen onbekend was en nou voorkom by vlakke wat voorheen as veilig beskou is.

“Die drywers van hierdie uitdagings is besig om vinniger te draai: intensiewe landbou, die veranderinge in grondgebruik, reënvalpatrone wat weens aardverhitting verander en die groei in nywerhede soos wat lande ontwikkel. Dít bring ’n verhoogde voorkoms van alge in water mee wat dodelik is vir mense en die ekostelsel.”

  • In die verslag word daarop gewys dat: Stikstof, wat in kunsmis voorkom, uiteindelik in waterbronne beland. Dit kan sogenaamde bloubabasindroom veroorsaak waar pasgebore kinders nie genoeg suurstof kry nie. As die kinders dié sindroom oorleef, word hul groei belemmer en is hulle gewoonlik kort van postuur. “Belemmerde groei is ’n rooi lig wat dui op fisieke en kognitiewe gebreke,” lui die verslag;) Terwyl ’n bykomende kilogram stikstof kunsmis per hektaar oeste met tot 5% kan verhoog, kan dieselfde hoeveelheid wat in waterbronne beland die groei van kinders met tot 19% belemmer. Hierdie syfer is ’n voorbeeld van die onvoorsiene gevolge van die gebruik van stikstof om landbougewasse se groei te stimuleer; en) Daar is wêreldwyd bewyse daarvan dat landbougrond en water besig is om te versout. Dít word veroorsaak deur groot hoeveelhede water wat uit bronne onttrek word, droogtes en vloede. Meer sout in die water, waarsku die verslag, beteken minder kos vir die wêreld.
  • Aanbevelings in die verslag: Regerings moet die omvang van waterbesoedeling in hul land bepaal en begryp;) Wetgewing moet opgeskerp én toegepas word; en) As waterbesoedeling nie gekeer kan word nie, moet afvalwater behoorlik behandel word. Die behandeling en suiwering van afvalwater is noodsaaklik vir ’n land se gesondheid én sy ekonomie.

Die verslag benadruk dat beleggings in infrastruktuur noodsaaklik is vir ekonomiese groei en vir mense om gesond en gevoed te bly.

Meer oor:  Wêreldbank  |  Ekonomie  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.