Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Swartbergpas oop ná sneeuval
Sneeu is Maandag nog sigbaar op die Outeniekwaberge buite George. Foto: Jackie Kruger

Die Swartbergpas tussen die Groot en die Klein-Karoo is weer vir verkeer oopgestel ná die naweek se sneeuneerslae en waarskuwings dat motoriste dit op eie risiko aanpak.

Hoewel die pas Maandag weer oop was, het die Wes-Kaapse verkeersowerhede motoriste gemaan om versigtig te bestuur.

In die Suid-Kaap het swaar reënval die naweek verspoelings op Knysna, onder meer in George Rex-rylaan, veroorsaak. Teen Maandag was alle paaie op die dorp egter weer vir verkeer oopgestel, het Chumisa Kalawe, ’n munisipale woordvoerder, gesê.

Goeie reën het die naweek oor groot dele van die streek uitgesak. Op Hoekwil naby Wildernis is tot 76 mm reën gemeet.

Die Swartbergpas was Saterdag nie ’n plek vir sissies nie. Voertuie moes omdraai en mense het lank gewag om by mekaar verby te kom, het Retha Collett op Twitter laat weet. Foto: Retha Collett/Twitter

Die vlak van die Raubenheimerdam buite Oudtshoorn in die Klein-Karoo was Maandagoggend 34,85% teenoor 31,54% verlede week, het Ntobeko Mangqwengqwe, ’n munisipale woordvoerder, gesê.

In die Hessequa-streek was die vlak van die Korentepoortdam buite Riversdal Maandag 38,14% (teenoor 36,4% op 6 September) en het 38,4mm reën verlede week in die opvangsgebied geval, sê Susan Geldenhuys, ’n munisipale woordvoerder.

Die Duiwenhoksdam naby Heidelberg was Maandag 67% vol (teenoor 65% op 6 September), die Olive Grovedam naby Stilbaai 82% (teenoor 81% op 6 September) en die Jongensfonteindam 100%.

Maandag was sneeu nog op die Outeniekwaberge buite George sigbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.