Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Sylvester se dooie leeumaat ‘herleef’

’n Leeu van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap maak weer opslae.

Dié opgestopte leeumannetjie, ’n gestorwe maat van Sylvester die rondloperleeu, is onlangs deur twee taksidermiste, Ricus en Waldo de Vries, aan die Karoo Nasionale Park by Beaufort-Wes oorhandig.

Die taksidermiste Ricus (links) en Waldo de Vries en Esna van Zyl (middel), senior bewaringsbeampte by die Karoo Nasionale Park, by die opgestopte leeu wat in die roofdier-sentrum by die park uitgestal word. Foto: Verskaf

Die leeu het ongeveer twee jaar gelede skielik in die park gevrek nadat hy en ’n maat as geselskap vir Sylvester na die park gebring is.

Ná sy dood is die leeu deur die taksidermiste onder hande geneem. Hy word nou in die sentrum vir roofdiere by die park uitgestal.

Esna van Zyl, senior bewaringsbeampte, het luidens ’n inskrywing op Facebook gesê die opgestopte leeu lok groot belangstelling van besoekers. Daar word tans gewag op die leeu se skelet wat ook in die sentrum uitgestal sal word.

Fay Ludick, ’n woordvoerder van Sanparke, het by navraag gesê toe Sylvester nog in die park was, is die twee ander leeus van die Marakele Nasionale Park in Limpopo gebring om hom geselskap te hou. Hy is toe nog in ’n boma aangehou ná sy ontsnapping.

“Ongelukkig was dit een van dié leeus wat dood is, byna net toe hulle uit die boma in die park vrygelaat is.”

Intussen blyk dit dat dit nog voor die wind gaan met Sylvester (oftewel Spook, soos hy ook daar bekend staan) in sy nuwe tuiste by die Kuzuko Lodge, deel van die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap.

Hy is destyds daarheen verskuif ná sy eskapades by die Karoo Nasionale Park. Vroeër vandeesmaand is hy onder meer gesien waar hy sy gebied merk en alte lekker luidkeels brul, luidens die Facebook-blad Sylvester Die Karoo Leeu/The Karoo Lion.

Meer oor:  Karoo Nasionale Park  |  Sylvester  |  Spook  |  Karoo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.