Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kyk hoe lyk damvlak in Wes-Kaapse dam
Die Theewaterskloofdam toe en nou: Die foto links is einde Januarie 2018 geneem en die foto regs is Dinsdag 13 Augustus 2019 geneem. Foto: Jaco Marais

As jy vandag ’n foto van die Theewaterskloofdam naby Villiersdorp in die Wes-Kaap wil neem op dieselfde plek as waar jy 18 maande gelede een geneem het, moet jy jou swembroek aantrek.

Einde Januarie 2018 was die dam skaars 13% vol en ’n mens kon met gemak op droë grond tot teen die pompstasie loop. Nou is die water ongeveer 1 m diep as jy op dieselfde plek wil staan om die foto teen dieselfde hoek te neem.

En dié water is koud, vertel die Netwerk24-fotograaf Jaco Marais, wat Dinsdag presies dít gedoen het.

Die Theewaterskloofdam is verreweg die grootste dam in die Wes-Kaap en het ’n kapasiteit van 480 188 megaliter (miljoen liter). Die tweede grootste dam in die Wes-Kaap is die Voëlvleidam met ’n kapasiteit van 164 095 megaliter.

Die opgaardamme waaruit Kaapstad en omstreke water kry, se gesamentlike bergingskapasiteit is 898 221 megaliter.

Meer oor:  Theewaterskloofdam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.