Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Theewaterskloofdam se vlak ná maande onder 90%

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, het die afgelope week vir die eerste keer in maande tot onder 90% gedaal.

Teen Maandag het die vlak van dié dam, tussen Villiersdorp en Grabouw, van 90% in die vorige week tot 88,2% gedaal. Dié tyd verlede jaar het dit nog op 64,7% gestaan.

Die vlak van die Theewaterskloofdam het teen Maandag tot onder 90% gedaal. Foto: Jaco Marais

Die Theewaterskloofdam se vlak het in September 2020 90% oorskry.

Intussen het die provinsie se gemiddelde damvlak vergeleke met 53,3% ’n jaar gelede van 67,7% tot 66,1% gedaal.

Kaapstad se gemiddelde damvlak het van 87% tot 85,8%, teenoor 71,4% in 2020, gesak.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning. Foto: Verskaf

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê Sentraal Karoo, ’n distrik wat steeds onder droogte ly, het die afgelope week welkome reën ontvang.

Hy het daarop gewys dat die Gamkadam buite Beaufort-Wes ’n jaar gelede op net 16% teenoor die huidige 62% gestaan het.

Goeie reënval het ook in die gebiede van Laingsburg, Prins Albert en Meiringspoort uitgesak, luidens ’n verklaring van Bredell.

“Dit is waarskynlik nog nie genoeg om te sê dat die droogte in die wyer gebied verby is nie, maar ons is dankbaar oor elke bietjie reën. Sommige gebiede kry egter steeds baie min reën.”

Die vlakke van ander damme wat aan Kaapstad water verskaf, is:

• Benede-Steenbrasdam: 80,1% (81,7% verlede week);

• Bo-Steenbrasdam: 78,6% (66,8%) met 5,8 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Voëlvleidam: 80,9% (82,1%);

• Bergrivierdam: 85,8% (87,8%); en

• Wemmershoekdam: 86,4% (88%).

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak het, teenoor 49,1% ’n jaar gelede, van 65,9% tot 61,1% gedaal.

grafika

In die Karoo het die meeste damvlakke gedaal:

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 11,3% (11,8% verlede week);

• Calitzdorpdam: 42,4% (46,6%) met 2,6 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Leeu-Gamkadam: 4,5% (6,3%) met 1,6 mm reën;

• Oukloofdam naby Prins Albert: 0% (0%);

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 62,7% (63,7%) met 7,8 mm reën;

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 0,17% (0,2%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 17,9% (18%); en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0,0% (0,0%).

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke net effens gedaal:

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 99,3% (100% verlede week) met 6,2 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Korentepoortdam naby Riversdal: 98,% (100,1%) met 3,4 mm reën;

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 62,7% (63,4%) met 7,2 mm reën; en

• Tuinroetedam by George: 100% (100%) met 13,8 mm reën.

Meer oor:  Theewaterskloofdam  |  Damvlakke  |  Reën  |  Droogte  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.