Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Toe trotseer hulle die water om vrou te gaan red

Die kolkende, bruin watermassa het aggressief onder die motorafdakke deurgebruis.

Die trekker se skoorsteen het soos ’n periskoop uitgeloer en die water het stomend by die “kragboks” geborrel.

Rudi Burger en Cobus Heyns, ’n GPF-lid, help die uitgeputte en geskokte vrou met die laaste paar treë na veiligheid. Foto: Verskaf

Anderkant die vloedwater was daar ’n vrou in ’n huis vasgekeer – en die Hennopsrivier se watervlak het bly styg terwyl die temperatuur bly daal.

Ao. Koos van Staden van die Wierdabrug-polisiekantoor in Centurion het sy vuurwapen afgehaal, sy baadjie uitgetrek en vir Rudi Burger gesê: “Kom Rudi, ons gaan haal haar.”

En toe gaan haal hulle en twee ander mans die vrou.

Burger, aandeelhouer van die Aequitas-veiligheidsmaatskappy, sê ’n insleepdiens het hulle Maandag ingelig dat ’n vrou in ’n huis vasgekeer is.

Die manne beweeg met behulp van ’n insleepdiens se tou van die huis na die afdak sodat hulle die vrou na veiligheid kan help. Foto: Cobus Heyns

“Daar aangekom, sien ons ’n kar met water wat byna oor die dak vloei. Die water om die huis was maklik 3 m diep. En tussen ons en die huis was ’n hele paar 100 m stromende water.

“Koos het dit so gekyk en gesê ons gaan ’n tou nodig kry. Ons het een agter op die insleepvoertuig gekry. Toe bind ek, Koos en twee ouens van Scorpion Risk Services ons aanmekaar vas met die tou sodat ons mekaar kan vashou sou een wegspoel,” sê Burger.

Hulle het in die water ingestap en byna dadelik begin swem. Die water het getrek en hulle moes aan bome klou om koers te hou na die huis.

“Toe kry ons drie afdakke. Die water was net-net so onder dit. Ek het soms met my vingerpunte daaraan vasgeklou terwyl die water my bene anderkant toe sleep,” sê Burger.

Maar die manne is op. Hulle het van afdak tot afdak geklouter tot by die huis.

“Ek dink die huis is ’n bietjie hoër gebou, want ons was net halflyf in die water toe ons instap.”

Die manne trek hulself aan ’n ketting op na die afdak wat net-net, soos die trekker, bo die water uitsteek.Foto: Cobus Heyns

Hulle het die halfverkluimde en erg geskokte vrou in die kombuis gekry.

Die manne het gevra of sy ’n leer het.

“Toe waggel en later swem ons uit die huis na die garage, kry die leer en stoei weer deur die water daarmee terug,” sê Burger.

Die vrou se bene was wankelrig en lam van skok, maar die manne het die leer skuins teen die eerste afdak geplaas en haar opgehelp.

Toe, ná ’n gekoes tussen takke, rommel van die vloed, en sinkplate is die leer soos ’n brug na die volgende afdak geplaas.

“En kort onder ons voete stroom die water... As die vrou sit, lyk dit of sy aan die slaap wil raak en ons moet bly aanmoedig,” sê Burger.

Ná die laaste afdak was daar nog meters water tussen hulle en veiligheid.

Burger het die tou om die trekker gebind as anker.

Die vrou was so swak, sy kon nie swem of self staan nie.

“Toe sleep-dra ons haar deur die laaste water,” sê Burger.

Hy erken daar is verskeie skietgebede opgesê.

“Dit was ’n spanpoging. Ons vier het lekker saamgewerk. Soms het ek gewonder of ons die regte ding doen, maar toe ek die vrou sien, toe druk ons almal deur,” sê hy.

Meer oor:  Centurion  |  Oorstromings  |  Kitsvloede  |  Swaar Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.