Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Tornado saai verwoesting in Oos-Kaap
12 nedersettings in die Oos-Kaap het Vrydag onder ’n tornado deurgeloop. Foto: Verskaf

’n Tornado wat Vrydag 12 nedersettings naby Alice en Fort Beaufort in die Oos-Kaap getref het, het verwoesting gesaai en agt gesinne dakloos gelaat.

Die betrokke nedersettings is Msobomvu, Bergplaas, Magaleni, Bienfield, Hopefield, Khayalethu, Mazotshweni, Hala, en Krwakrwa (almal naby Alice) en Mlalandle, Magaleni en Mabeleni (naby Fort Beaufort).

Nonceba Madikizela-Vuso, woordvoerder van die Amathole-distriksmunisipaliteit, sê die munisipaliteit se rampbestuursentrum is steeds besig om vas te stel wat die omvang van die skade is.

“Tot dusver is vasgestel dat agt families dakloos gelaat is. Die ondersoek duur voort en dié getal kan moontlik styg.”

Die elektrisiteitstoevoer na die Visrivier-watersuiweringsaanleg was Sondag steeds af nadat kraglyne in die storm beskadig is.

Dit het daartoe gelei dat water nie na Bedford en Adelaide gepomp kon word nie.

Die munisipaliteit het inwoners om verskoning gevra vir die ongerief.

Madikizela-Vuso sê die munisipaliteit gaan Maandag ’n vergadering belê met strategiese rolspelers soos afgevaardigdes van die departement van maatskaplike ontwikkeling en menslike nedersettings, onder meer om dadelik hulpmiddele aan die ontheemde gesinne te verskaf.

Hierdie gesinne woon tydelik by familie en vriende.

Meer oor:  Tornado
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.