Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Trek die komberse nader vir nog ’n kouefront
Delanja Olivier Marais het Sondag dié foto op die Swartbergpas geneem. Die koue weer wat binnelanders ervaar is danksy ’n kouefront wat van dié streek af inbeweeg het. “En die Swartberge is ’n wit sprokie,” sê sy. ?Foto: Reënval in SA/FACEBOOK

Die kwik wat die naweek op plekke ver onder vriespunt en selfs tot -7 °C getuimel het, berei binnelanders solank voor op nóg ’n kouefront wat Donderdag sy opwagting gaan maak.

Op dorpe soos Smithfield en Ficksburg was dit Sondag vroeg ver onder vriespunt, terwyl dit in Bloemfontein ’n skrale -7 °C was.

Elani Heyneke van die Bloemfonteinse weerkantoor sê die afgelope naweek se bibberweer word toegeskryf aan ’n kouefront wat van die Swartbergreeks en die Witteberg, waar die sneeu dik lê, deurbeweeg het.

Dis behoorlik koud in Bloemfontein, waar Pat Hodgkiss hierdie foto van die gevriesde water uit ’n lopende kraan afgeneem het. Foto: Reënval in SA/FACEBOOK

Nog ’n kouefront sal die Kaap Dinsdag bereik.

Dit sal van Dinsdag af koud en nat in die westelike deel van die land wees, waarna die weer Woensdag na die sentrale dele sal uitbrei.

“Woensdag se dagtemperature gaan koud in die sentrale binneland wees.”

Reën word vir die suidelike deel van die Vrystaat asook dié van die Noord-Kaap voorspel.

Die publiek en kleinveeboere is gewaarsku dat swaar reën- en sneeuneerslae, plaaslike oorstromings, en sterk winde langs die kus en oor die binneland kan voorkom.

“Die boere moet op die koue en nat toestande vir hul vee bedag wees.”

Hoewel die dagtemperature teen Maandag oor groot dele van die Vrystaat weer matig sal word, sal dit teen Donderdag weer redelik na onder -5 °C daal, sê Heyneke.

Strawwe ryp word vir Maandagoggend oor die Vrystaat, Noord-Kaap, Oos-Kaap asook oor die sentrale en suidelike dele van die Noord-Wes-provinsie verwag.

Sterk binnelandse winde (65 km/h) word oor die Kamiesberge in die Noord-Kaap en die Matzikama in die Wes-Kaap verwag.

Meer oor:  Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.