Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Tuinroetedam 9% water kwyt weens konstruksiewerk

Altesaam 9% water van die Tuinroetedam in George moet uitgetap word sodat bouwerk kan begin om die oorloop van die dam te verhoog.

Die dam is tans 89% vol. Die kontrakteur sal volgende week op die bouterrein wees waarna die omliggende terrein vir die publiek gesluit sal wees, sê die George-munisipaliteit in ’n verklaring.

Die werk behels onder meer die verhoging van die oorloop-stuwal, die struktuur wat vloedwater vrylaat om te keer dat dit oor die damwal vloei.

Die oorloop van die Tuinroetedam in George. Foto: Verskaf

Die munisipaliteit het vroeër gesê by voltooiing van die projek sal die dam 25% meer water kan berg. Die bouwerk sal sowat agt maande duur.

Volgens die munisipaliteit sal die gebied nie omhein word nie, maar kennisgewingborde sal aangebring word om die publiek oor die konstruksie in te lig.

Die munisipaliteit sê alvorens bouwerk kan begin moet die damvlak eers verminder word tot minstens 80% sodat die kontrakteur die konstruksie-gebied kan bereik wat nog onder water is. Die dam is tans 89% vol.

Afhangend van die weer sal die water volgende week uitgetap word en uitvloei na die Kaaimansrivier vir drie tot ses dae. Die vrystelling van die water hou nie enige gevaar vir eiendomseienaars of bedrywighede stroomaf nie, maar belanghebbendes sal vooraf ingelig word.

Trevor Botha, George se munisipale bestuurder, sê dit is nie ideaal om ter enige tyd water te verloor nie, en die veiligheid van mense wat onder die dam werk is essensieel.

“Ons het gehoop om ’n buffer- of ’n hou-dam te skep, maar die omvang van die projek maak nie daarvoor voorsiening nie. Maar die munisipaliteit sal die damvlak monitor en bestuur en enige voorsiening-kwessies sal vroegtydig aandag kry.”

* Vlak 2-beperkings is tans van krag in George se munisipale gebied.

Meer oor:  George-Munisipaliteit  |  George  |  Tuinroetedam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.