Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Uil van kant gemaak ná aanval deur hond
’n Hond het die gevlekte ooruil Dinsdag in ’n woongebied in Nelspruit aangeval. Foto: Facebook

’n Uil wat deur 'n hond aangeval is, moes weens die ernstige aard van sy beserings van kant gemaak word.

Volgens Lize Pienaar, voorsitter van die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Nelspruit, het ’n veldbeampte van die DBV, Joshua Beuster, Dinsdagmiddag ’n gevlekte ooruil by ’n woonerf in Nelspruit gaan haal nadat ’n hond die uil aangeval het.

Pienaar sê hy weet nie hoe oud die uil is nie, maar hy was volwasse. Die Nelspruit-DBV het van die voorval op sy Facebook-blad vertel.

“Hierdie gevlekte ooruil is deur ’n hond aangeval. Toe ons by die eiendom aankom, het die uil in ’n hoek op die grond gesit. Hy het nie eens probeer baklei toe ons hom optel nie en dit was duidelik dat hy erg beseer is,” lui die inskrywing.

Die uil is na die West Acres-dierehospitaal gebring waar hy van kant gemaak moes word.

“Ons het hom na die veearts gehaas, maar die besluit is geneem om die genadedood toe te pas.”

Volgens die inskrywing kom hierdie uile gereeld in woongebiede voor en is hulle dikwels die slagoffers van voertuigongelukke, skokke deur elektriese drade en sekondêre vergiftiging.

“Ons natuurlewe is kwesbaar en ons moet na hulle kyk,” maan die DBV in die inskrywing.

Die uil is weens sy ernstige beserings van kant gemaak. Foto: Facebook
Volgens die DBV kom die uile gereeld in woongebiede voor. Foto: Facebook


Meer oor:  Dbv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.