Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Uitbreek van siektes op Goudveld gevrees weens rommel

Goudvelders vrees ’n rotplaag en die uitbreek van siektes omdat vullisverwydering in die gebied bykans tot stilstand gekom het.

Vullisverwydering het in die Matjhabeng-munisipaliteit tot stilstand gekom. Foto: Alet van der Walt

Die DA en die VF Plus het hul kommer oor die gebrek aan vullisverwydering uitgespreek.

Die VF Plus sê die probleme met vullisverwydering, asook rioolbesoedeling, in die gebied neem nou kommerwekkende afmetings aan.

Susan Taljaard, ’n VF Plus-raadslid, sê knaagdiere het hulle reeds in groot getalle in vullissakke begin tuismaak.

Vullissakke staan reeds langer as ’n maand in die Thabong-woongebied. Ander woongebiede deel dié probleem. Om die probleme te vererger is daar ook ’n rioolkrisis in dié gebied, sê Taljaard.

Maxi Badenhorst, die DA se hoofsweep in Matjhabeng, sê niemand kry antwoorde oor wanneer vullisverwydering gedoen sal word nie.

Badenhorst sê die vragmotors wat vir vullisverwydering gekoop is, voldoen nie aan veiligheidsvereistes nie en mag nie gebruik word nie.

Sy sê die situasie by drie vulstasies op Ventersburg is onhoudbaar omdat weke se vullis nog nie verwyder is nie.

“Die vlieë maak mense in die dorp mal,” sê Badenhorst.

Volgens Taljaard gaan die VF Plus ’n amptelike skrywe aan die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thembeni Nxangisa, rig en versoek dat ondersoek ingestel word om te bepaal wat die situasie rondom die onpadwaardige diensleweringsvoertuie is.

Badenhorst sê die munisipaliteit het vandeesweek ’n nuwe diensrooster uitgestuur waarvolgens vullis verwyder sou word, maar sover sy kan vasstel, word die meeste gebiede steeds nie gediens nie.

Kgojane Matutle, munisipale woordvoerder, sê daar is ’n agterstand met vullisverwydering en dat die munisipaliteit sy bes doen om dit uit te wis.

Matutle sê die munisipaliteit is in die proses om ’n nuwe vloot voertuie aan te skaf.

Meer oor:  Da  |  Vf Plus  |  Goudveld  |  Siektes  |  Rommel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.