Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Valke danksy ‘ooggrimering’ goeie jagters

Nuwe navorsing toon valke het natuurlike “ooggrimering” wat hulle waarskynlik help om beter te kan jag.

Die studie is deur navorsers aan die Universiteit van Kaapstad (UK) en die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gedoen en in die vaktydskrif Biology Letters gepubliseer.

Volgens die navorsers dien valke se donker vere wat soos oogomlyner lyk as ’n soort sonskerm wat hul jagvermoë verbeter.

Wetenskaplikes spekuleer reeds geruime tyd dat die voëls se merke hul vermoë verbeter om prooi wat baie vinnig beweeg soos duiwe in helder sonlig te vang.

Die donker streep onder die swerfvalk se oë verminder waarskynlik skerp sonlig en word nageboots deur atlete wat donker ooggrimering onder hul oë aanwend om hulle te help om snelbewegende balle raak te sien. Regs is die Amerikaanse voetbalspeler Tom Brady. Foto’s: Greg Hume (links) en Jeffrey Beall

Die navorsing dui daarop dat die dik lyne ontwikkel het weens die klimaat, want hoe sonniger die roofvoël se habitat, hoe groter en donkerder is die vere.

Die donker strepe onder die swerfvalk se oë verminder die skerp sonlig en gee die valk ’n mededingende voorsprong as hy sy prooi vinnig agternasit.

Dit is ook iets wat deur sommige atlete nageboots word wat donker grimering onder hul oë aanwend om hulle te help om snelbewegende balle beter raak te sien.

Tot nou toe was daar nog geen wetenskaplike studie wat die vlakke van sonbestraling verbind het met dié donker “oogomlyner”-vere nie.

Die vere kom algemeen onder baie valkspesies voor.

Die donker strepe onder die swerfvalk se oë verminder die skerp sonlig en gee die valk ’n mededingende voorsprong as hy sy prooi vinnig agternasit.

Die navorsers het meer as 2 000 foto’s van verskillende swerfvalke in meer as 94 streke en lande oor die wêreld heen aanlyn bestudeer, asook die strepe onder hul oë (die wydte en prominensie en hoe die strepe verskil gegewe die klimaat).

Volgens Michelle Vrettos, ’n MSc-student van die UK, wat die navorsing gedoen het, het die resultate gewys dat die donker strepe die beste verklaar kan word deur die sonbestraling-hipotese.

Arjun Amar, medeprofessor van die UK se FitzPatrick, Instituut wat toesig gehou het oor die navorsing, sê die swerfvalke was die ideale keuse vir die navorsing omdat hulle op elke vasteland (behalwe Antarktika) voorkom en aan die gebiede met die meeste en minste sonlig blootgestel word.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.