Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Valke herstel ná haelstorm, honderde al vry
Meer as 800 valke is reeds by die FreeMe Wildlife-rehabilitasiesentrum op Howick vrygelaat. Foto: Angus Burns
Meer as 2 000 rooipootvalke is verlede week tydens ’n storm op Newcastle, KwaZulu-Natal, deur hael doodgeslaan.
Haelstene so groot soos tennisballe het alles, van venters tot dakteëls, flenters geslaan. Foto: Angus Burns

Meer as 800 rooipootvalke is reeds deur die FreeMe Wildlife-rehabilitasiesentrum op Howick vrygelaat nadat ’n hewige haelstorm op Newcastle verlede Donderdag duisende valke doodgeslaan of beseer het.

Volgens Irma de Klerk, ’n Newcastle-inwoner, was daar drie storms met haelstene so groot soos tennisballe wat alles, van venters tot dakteëls, flenters geslaan het.

“Die eerste storm was teen 18:30 – met redelik groot haelstene. Die tweede storm het omtrent 21:30 losgebars met hael so groot soos gholf- en tennisballe.

'Die vensters aan die suidekant van die huis is stukkend geslaan en water het die sitkamer ingestroom.

“Ek woon al 36 jaar op Newcastle en ek het nog net een keer ’n erger storm as dié een hier beleef. In die algemeen is hierdie somer se weer die kwaaiste wat ek in baie jare kan onthou.”

Angus Burns het op Facebook die donderstorms bestempel as die ergste wat hy in sy vyf jaar op Newcastle ondervind het.

Die valke, wat gemiddeld 155 g weeg, is uit bome geslaan.

Baie is deur die hael doodgeslaan en ander het kop-, been- en vlerkbeserings opgedoen.

’n Span van FreeMe en ’n aantal vrywilligers het die voëls na Howick vervoer waar hul beserings ondersoek en behandel is.

“Pynmedikasie is toegedien en vloeistofbehandeling gegee om seker te maak die beseerde voëls bly gehidreer,” sê Michaela White, van FreeMe.

“Namate hulle herstel het, is hulle vrygelaat.”

Die valke sal binne die volgende week of twee die tog noord na onder meer Rusland en China aanpak waar hulle die somer in die noordelike halfrond sal deurbring.

White meen omtrent 30 valke in FreeMe se sorg sal nie in hierdie tydperk genoeg herstel om vanjaar na die noordelike halfrond te migreer nie.

Vyf van hulle is nog by FreeMe nadat hulle in ’n storm omtrent twee weke gelede by Mooirivier beseer is.

Van hierdie 30 het vyf oogbeserings opgedoen.

Meer oor:  Newcastle  |  Haelstorm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.