Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Vandag behoort aan olifante
Wêreldolifantdag fokus op die dalende olifantbevolking. Foto: The Independent

Wildlife Direct het bevind stropers jag elke 15 minute ’n olifant – dit is vier olifante per uur en 96 olifante per dag!

Hierdie statistieke is kommerwekkend omdat daar ongeveer net 350 000 olifante in die wêreld oor is.

In 2016 het Africa Geographic berig olifantgetalle het sedert 1900 met 97% van 12 miljoen tot 350 000 afgeneem.

Daarom is dit geen verrassing dat daar vanjaar op Wêreld-Olifantdag op die dalende olifantbevolking gefokus word nie.

Suid-Afrika, spesifiek die Krugerwildtuin, huisves van die olifante met die grootste tande. Hierdie reuse is ’n groot trekpleister vir buitelanders en ongelukkig ook vir stropers.

In New York sal daar Saterdag ’n ysstandbeeld van ’n olifant in die son gelos word as simbool van hoe vinnig die olifante se getalle afneem.

Dit vorm deel van die wêreldwye Don’t let them disappear-veldtog, wat deur Amarula-likeur in samewerking met Wildlife Direct begin is.

Elke donker wolk het wel ’n silwer randjie. Kaddu Sebunya, president van die Africa Wildlife Foundation, het hierdie week getwiet Uganda het ses keer meer olifante as wat hy 30 jaar gelede gehad het. Botswana het volgens Sebunya 131 626 olifante – die meeste in Afrika.

Meer oor:  Olifante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.