Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Veevoer, skenkings vir boere in Cradock

Sowat 31 vragmotors en bakkies met sleepwaentjies vol veevoer met ’n geraamde waarde van tussen R1,4 miljoen en R1,8 miljoen en ander skenkings het Woensdag uit Rustenburg, Frankfort en Brandfort in Bloemfontein aangekom.

Jan Lots, bemarkings- en skenkingsorganiseerder vir Boere-droogtehulp SA vir die Vrystaat wat in Bloemfontein bly, by meer as 30 vragmotors met bakkies en sleepwaens vol voer en ander skenkings vir die boere van Cradock. Foto: Marietjie Gericke

Dié besending is bestem vir boere in droogtegeteisterde gebiede in Cradock.

Jan Lots van Boere-droogtehulp SA in die Vrystaat sê dit is vir hom ’n liefdestaak om boere te help – ’n hartsding van 17 jaar.

“Ek was oorstelp toe ek al die skenkings sien vir die boere van Cradock, hul gesinne en hul vee nadat ons daarvoor gevra het. Daar is ook kos- en ander geskenkpakkies vir boere en hul gesinne.”

Lots sê die nasionale verkeersafdeling het hulle met ses voertuie vergesel. Daar was ook ’n noodvoertuig van Netcare911 in die konvooi op die N1 – al die pad van Rustenburg af.

In Bloemfontein is worsbroodjies en koeldranke aan die bestuurders en die manne van die verkeersafdeling en noodvoertuig uitgedeel, terwyl lede van die Bikers Church en ander motorfietsryers en brandweer van Bloemfontein weer vooruit met die konvooi uit Bloemfontein se Curielaan uitgery het.

Radio Rosestad, Bloemfontein se gemeenskapsradiostasie, het deurentyd nuus oor die projek uitgesaai en met die ondersteuning en bydraes hiervoor gehelp.

Meer oor:  Cradock  |  Boere  |  Skenkings  |  Landbou  |  Waterkrisis  |  Veevoer  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.