Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Verbod geplaas op vang van seekatte in Valsbaai

Vissers in die Valsbaai-gebied is vanaf Vrydag tydelik verbied om seekatte te vang omdat die toerusting wat gebruik word ’n gevaar vir walvisse inhou.

’n Tweede walvis in sowat twee weke het vandeesweek in nette verstrengel geraak en gevrek.

Omstanders Donderdag by die karkas van die getande walvis op Boggomsbaai se strand. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)

Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, het Vrydag gesê die besluit om ’n moratorium op seekatvangste te plaas spruit uit vergaderings met betrokkenes in die Valsbaai-gebied.

“Ons besluit is geneem ná wydverspreide kommer oor onlangse voorvalle in die Valsbaai-gebied waar walvisse verstrengel geraak en gevrek het.”

Sy het wetenskaplike raad ingewin oor praktiese stappe wat kan help om dié soort voorvalle te voorkom. Die moratorium sal bly totdat die saak verder deur wetenskaplikes ondersoek is.

Die karkas van die getande walvis wat Donderdag op Boggomsbaai se strand uitgespoel het. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)

Die departement het in 2014 ’n seekatvisseryprogram in Saldanha, Valsbaai en Mosselbaai begin met die doel om wetenskaplike kennis oor die oes van seekatte in te win, om werk te skep en die ekonomie in die kusgebiede te ontwikkel.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê betekenisvolle data is tussen 2014 en 2018 ingewin.

“Dié werk sal voortgaan tot 2021 sodat ’n betroubare statistieke tydlyn van vangste en data saamgestel kan word.”

Die vangtoerusting sal nou uit die Valsbaaigebied verwyder word.

Meer oor:  Valsbaai  |  Walvis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.