Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Vermeende stropers in KZN vasgetrek

Vier vermeende renosterstropers tussen 22 en 24 jaar oud is Vrydag in hegtenis geneem tussen Mtubatuba en Dukuduku, sowat 200 km noord van Durban.

Polisiebeamptes is ingelig oor die verdagtes wat op die R618 langs Khula Village in Mtubatuba in die rigting van Dukuduku ry, lui ’n verklaring van kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

Die beamptes het ’n voertuig gesien wat pas by die beskrywing wat gesirkuleer is en die verdagtes is vasgetrek in ’n gesamentlike poging met beamptes van die Hluhluwe-polisiekantoor.

Die vier mans langs die motor waarin hulle gery het.
Die artikels wat in die verdagtes se besit gevind is.

Toe die voertuig deursoek is, het die beamptes ’n geweer, verkyker, ammunisie, ’n byl, ’n tuisgemaakte knaldemper en selfone gevind.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en aangekla vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Hulle verskyn binnekort in die hof.

Daar word nog ondersoek gedoen om vas te stel of die mans gekoppel kan word aan ander misdade in die omgewing.

Meer oor:  Kzn  |  Renosterstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.