Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
VF Plus dien klag in oor riool in rivier
Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus, het Vrydag ’n strafregtelike klag teen die munisipale bestuurder van die Mafube-munisipaliteit ingedien omdat rioolbesoedeling in die gebied onder sy bestuur voortduur. Foto: Verskaf

Die VF Plus het ’n strafregtelike klag teen die munisipale bestuurder van die Mafube-plaaslike munisipaliteit en die res van sy munisipale bestuurspan ingedien oor die storting van rioolvuil in die Wilgerivier by Frankfort.

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, sê die munisipaliteit, wat Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling bedien, se rioolwerke is buite werking weens grond en klippe wat in die riooldam lê.

Van Niekerk sê as die rioolplaas wel funksioneer, is dit gewoonlik net vir ’n kort rukkie.

Hy sê rioolvuil loop op verskeie ander plekke in die Wilgerivier vanwaar dit in die Vaalrivier beland.

Die Vaalrivier loop na die Vaaldam, wat bykans die hele Gauteng van water voorsien.

’n Kontrakteur is volgens Van Niekerk deur die munisipaliteit aangestel om die riooldam skoon te maak, maar ná ’n lang ruk is ’n hopie grond van een meter hoog uitgehaal en niks het verder gebeur nie.

Die ANC beloof telkens dat die sogenaamde emmerstelsel in townships met spoeltoilette vervang sal word, maar kom nie sy beloftes na nie, sê die VF Plus. Foto: Verskaf

Die Mafube-munisipaliteit is reeds sedert 2017 onder provinsiale administrasie, maar gaan net verder agteruit, sê Van Niekerk.

Hy sê die ANC wil glo met elke verkiesingsveldtog die ou emmerstelsel uitwis en toesien dat inwoners van informele nedersettings toegang tot spoeltoilette het, maar hulle misluk telkens in dié doel.

In Mafube het die inwoners nie toegang tot spoeltoilette nie en word selfs die emmerstelsel-diens nie meer gelewer nie.

Van Niekerk sê die Grondwet bepaal dat elke burger die reg het tot ’n omgewing wat nie skadelik is vir sy of haar gesondheid of welstand nie.

Die blatante rioolbesoedeling in Mafube bots lynreg met die bepalings van die Grondwet asook die Afvalbestuurswet en die Nasionale Waterwet.

Dit is tyd dat munisipale bestuursamptenare die gevolge van die swak prestasie van munisipaliteite begin dra, sê Van Niekerk.

Dit is onaanvaarbaar dat munisipaliteite, veral op die platteland, toegelaat word om tot so ’n mate te verval dat dit gesondheidsrisiko’s vir inwoners inhou, sê hy.

Meer oor:  Vf Plus  |  Frankfort  |  Riool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.